Die super-talentvolle kunstenaar, Sincerely Anne , het pas ’n splinternuwe enkelsnit vrygestel wat baie goed ontvang word deur top radiostasies en onmiddellik as ‘n “HOT HIT” op Jacaranda 94.2 FM bekendgestel is!
DYING TO LOVE YOU , wat sy beskryf as ’n “ waardevolle les wat sy in die lewe geleer het”, gaan daaroor om te aanvaar wanneer ’n verhouding nie werk nie en dit te laat gaan.
Die kunstenaar komplementeer die snit met ’n indrukwekkende musiekvideo wat by Victoria Yards verfilm is deur Ilse Moore, ondersteun deur Matthew Levings.
Anne het self met die konsep opgekom. Dit vertel die verhaal van ’n komplekse verhouding tussen ’n man en vrou, maar flitse van hulle realiteit laat haar besef dat sy eintlik in ’n verhouding is met ’n winkelpop en nie ’n man nie. In haar poging om meer soos hierdie pop te word, besef sy dat hy eerder in die winkelvenster hoort as by haar. Sy pak dan die reis aan om hom te laat gaan en haar eie identiteit te hervestig.
“ Daar is baie waardevolle boodskappe en lesse in dié video vasgevang; van om te besef wanneer jy moet laat gaan omdat jy besig is om die ‘dans van liefde alleen te dans’, tot om jou selfvertroue, mag en identiteit te hervestig en om dapper genoeg te wees om net jouself te wees,” verduidelik sy.
Kyk die video hier:
DYING TO LOVE YOU is haar vierde enkelsnit en volg in die suksesvolle voetspore van haar vorige treffers; She’s On Fire, Poison en Transcend .
Die sanger werk tans aan haar debuut-album, wat later vanjaar beskikbaar sal wees.
Die liedjie is nou op alle digitale platforms beskikbaar.
Apple Music:
https://music.apple.com/za/album/dying-to-love-you/1619778050?i=1619778051
Spotify:
https://open.spotify.com/album/4Th93RMl4OjjIXqKcv0LLu?si=3ONxfnAAS0uB3jHSBUL9Iw
Youtube Music:
https://music.youtube.com/watch?v=-DYSjyjDGEc&feature=share
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/sincerelyanne1/
Instagram: https://www.instagram.com/sincerelyanne._.music
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCe1GNnmaC_wYr56AX_RIi-g