SA-Rolprentmakers verskuif grense oorsee!

Suid-Afrikaanse rolprentmakers het pas grense verskuif, wat die territoriale beperking van onafhanklike rolprente aanbetref, deur ’n Noord-Amerikaanse verspreidingsooreenkoms én internasionale verteenwoordiging vir hulle nuutste film los te slaan. 

Die regisseur en skrywer, Henk Pretorius, en vervaardiger, Llewelynn Greeff, se nuwe rolprent – THE UNFAMILIAR – gaan internasionaal versprei word deur Lionsgate VK en Vertical Entertainment in Noord-Amerika, én verteenwoordig word deur Scoundrel Media, die afdeling van Myriad Pictures wat internasionale verkope behartig.

THE UNFAMILIAR vertel die storie van ’n Britse weermagdokter (Jemima West) wat terugkom van die oorlog af en dink dat sy aan Posttraumatiese Stresversteuring (PTSV) ly, net om te ontdek dat daar bose geeste in haar huis is. Die lewe wat sy voorheen geken het, word ingrypend verander. 

“Die rolprentbedryf is baie mededingend en daar sal altyd iemand wees wat jou probeer terughou. Die geheim is om nie vir hulle te luister nie, te fokus op die wat jy gebore is om te doen en om nie op te gee nie. Dit was nog altyd my droom om ’n internasionale rolprent te maak,” meen  Henk Pretorius, regisseur en skrywer van die fliek.

Henk Pretorius was die skrywer en regisseur van Leading Lady, Fanie Fourie’s Lobola en Bakgat voordat hy Engeland toe verhuis het om die skryf en regie van THE UNFAMILIAR te behartig.

Myriad Pictures se voorsitter en uitvoerende hoof, Kirk D’Amico, meen dat hulle baie opgewonde is om betrokke te wees by die internasionale verspreiding van hierdie slim, relevante gruwelprent: “Regisseur, Henk Pretorius, se rolverdeling is puik – veral Jemima West wat die hoofrol vertolk. Ons is ook baie opgewonde om saam met die talentvolle span by Dark Matter Studios te werk.” 

Llewelynn Greeff, Dark Matter Studios se vervaardiger, sê: “Om internasionaal verteenwoordig te word deur ’n kenner in die bedryf, Kirk D’Amico’s van Scoundrel Media, is ’n belangrike mylpaal vir Dark Matter Studios. Die tydsberekening van hierdie internasionale vrystelling stel on in staat om op ’n meer gelyke speelveld met groot rolprentvervaardigers mee te ding.”

Llewelynn Greeff het Leading Lady en Modder en Bloed (Blood and Glory) vervaardig, voordat hy saam met mede-vervaardiger, Barend Kruger, aan THE UNFAMILIAR begin werk het.  

Dark Matter Studios is ’n Britse vervaardigingsmaatskappy wat deur die Suid-Afrikaners, Henk Pretorius en Llewelynn Greeff, gestig is. Hulle spesialiseer in teikengerigte rolprente en televisie-inhoud vir gehore regoor die wêreld.

Scoundrel Media sal THE UNFAMILIAR op die Cannes Virtual Market vrystel.

Sosialemediaskakels:

Facebook:       https://www.facebook.com/unfamiliarmovie/

Twitter:           @unfamiliarmovie

Instagram:      @unfamiliarmovie

Hutsmerk: #TheUnfamiliar 

Plakkaat ontwerp Krediet: Daniel-Duncan Rheed

Kopiereg: Dark Matter Studios

Foto Krediet: Paul Harries 

Kopiereg: Dark Matter Studios

Henk Pretorius: Foto Krediet: Paul Harris / Copyright:  Dark Matter Studios

Jamima West: Foto Krediet: Fathom KeyArt Services / Copyright: Dark Matter Studios

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *