PIETER STRYDOM DEEL HARTOERENDE LIED AAN SY DOGTERTJIE

Enigepersoonkan getuig dat jou hele wêreld verander wanneer jy ‘n ouer word. Jou hart ervaar ‘n ander tipe liefde –‘n liefde wat jou hart wil laat bars. Dit is presies hoe Pieter Strydom gevoel het toe hy sy dogtertjie, Skylin vir die eerste keer in sy arms vasgehouhet.

Dit is die inspirasie agter sy splinternuwe treffer, Ek Is Daar. “Jou oë gaan oop en die wêreld kry ‘n nuwe kleur. Dit is ‘n liefde wat jy nie vir iemand kan beskryf nie,” vertel hy met deernis in sy oë. Die liefde vir sy dogtertjie borrel uit hom uit en hy wou baie graag dit uitdruk in ‘n liedjie wat hy ook eendag vir haar kan speel as sy ouer is. En moontlik self ‘n ouer word.

“Ek het my hart met Riaan Benande gedeel en hom vertel wat ek ingedagte het. Ek was baie opgewonde toe hy instem om dieliedjie vir my te skryf,” sê hy. “Hy het die woorde so mooi neergepen en my hart netso op papier neergelê.” Ek Is Daaris vervaardig deur die Murray Lubbe van Hit Factory Records, een van die top vervaardigers in die land. “Ek wil die heel beste vir my dogtertjie gee en is so dankbaar dat twee van die heel bestes in die musiekbedryf by die liedjie betrokke was.”

Ek Is Daarse musiekvideo is ook onlangs verfilm deur die voormalige NRG-lid, Abel Knobel. Dié musiekvideo is geskiet by die pragtige Pecanwood golflandgoed in Hartebeespoortdam en word kort na die enkelsnit bekendgestel.

Die liedjie is ‘n belofte aan sy meisiekind dat hy altyd daar vir haar sal wees. “Net om haar in my lewe te hê is ‘n voorreg, ek sal my lewe vir haar geeen haar beskerm maak nie saak wat gebeur nie”. En die belofte sal hy hou tot hy eendag sy kitaar op aarde moet neerlê en vir haar liedjes uit die hemel moet sing.

Skrywer & komponis: Riaan Benade

Vervaardiger: Murray Lubbe (Hit Factory Records)

Uitgewer: Coleske Artists Publishing

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *