Petronel Baard vier 21 jaar in die musiekbedryf!

In Julie 2020, vier die baie talentvolle Petronel Baard, 21 jaar in die musiekbedryf. Die eerste stappe van hierdie vieringe, is twee baie opwindende aanlyn-vertonings.
 
Hierdie virtuele reis is gebou op verskeie opnames wat haar werk met verskeie musikante en vervaardigers van oor die afgelope 21 jaar insluit. Hierdie werke is saam geweef en sal jou met ‘n vars reuk van see in die hart agterlaat.  
 
Die eerste vertoning, Liedjies van die See, sal op Sondag 5 Julie om 19h00 plaasvind, vir slegs R50 per gesin!  
 
Verskeie bekende musikante en kunstenaars sal deel in hierdie virtuele ondervinding soos Soetmelk Musiek, Rocco de Villiers, Sergio Zampolli, Juan Oosthuizen, Corne Danhause Willem Müller, Werner Carstens, Deon du Toit, Schalk Maas, Riaan Bolt en vele meer. 

Maak seker jy is ook deel van hierdie viering! Kry jou kaartjie hier: https://qkt.io/seelied of www.petronelbaard.com
 
Die tweede virtuele vertoning, Sonstorie met Cordis Trust, sal aan die einde van Julie 2020 plaasvind. Besoek www.petronelbaard.com vir meer inligting en verdere ontwikkelinge.

SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/petronelbaardofficial/
Twitter: @PetronelBaard
Instagram: @petronelbaardmusic
Webblad: www.petronelbaard.com
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCKZN7LSwYxmt1wK9I6PgXBA
SoundCloud:  https://soundcloud.com/petronel-baard


 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *