Mia stel ‘n aangrypende nuwe musiekvideo vry!

Mia, die talenvolle sangeres uit Potchefstroom, het onlangs haar nuwe enkelsnit, KRIMINEEL, uitgereik. Dit is baie goed ontvang en pronk reeds op die treffersparades van verskeie radiostasies regoor die land.
 
Nou is sy terug in die kollig met ’n aangrypende musiekvideo wat perfek by hierdie treffer pas.
 
Die videowys hoe die dinge wat buite ’n verhouding staan soms die liefde tussen twee mense kan laat skipbreuk ly. Dit bestaan uit grepe van die paartjie se lewe saam, skote van sy werk as polisieman, en flitse van die vrou wat vir haar man wag en aan hom dink. Nie net beloof dit om jou hart te raak nie, maar die boodskap agter die video is iets waarby almal sal aanklank vind.
 
Kenneth van TA Group, wat die produksie van die video behartig het, sê: “Ons het besluit om ’n dieper video te maak as die stereotipiese liefdesverhaal, deur die man in die storie se werk die ‘krimineel’ te maak. Ons het nie verwag dat die finale produk so pragtig gaan uitkom nie, want alles kom mos eers aan die einde perfek bymekaar. Dit is definitief, volgens ons, een van die beste musiekvideo’s vir 2020.”

Kyk die video hier: https://youtu.be/GAjv02PdLeo
 
Dié sangeres met haar suiwer stem is reeds dertien jaar in die musiekbedryf doenig en het ook al ‘n draai opThe Voice SA gemaak, maar KRIMINEEL, uit die pen van Vaughan Gardiner, is die eerste oorspronklike liedjie wat sy vrygestel het en haar aanhangers is absoluut gaande daaroor!  Luisteraars hou juis daarvan omdat die boodskap dieper is as wat ‘n mens van ‘n gewone popliedjie sou verwag.
 
Mia (oftewel Mariska Pretorius)wat in Klerksdorp grootgeword het glo dat haar musiek ’n passieprojek is, wat nooit moet ophou nie en sy beskou elke geleentheid wat sy kry om op te tree as ‘n hoogtepunt.  Sy is ‘n spontane persoon met ‘n positiewe uitkyk op die lewe en het uit ervaring geleer dat sukses nie oornag kom nie, maar dat jy moet veg, vasbyt en deurdruk om jou plek in die musiekbedryf te behou.
 
 
RUAN: Krimineel is jou nuutste enkelsnit wat regoor die land gehoor kan word op alle radio stasies. Waaroor gaan Krimineel?
MIA: Krimineel is n liefdes lied wat handel oor n verhouding wat heeltyd gesteur word deur die buite wêreld soos byvoorbeeld werk, gebeurtenisse ens. Dit is ook heel toepaslik tydens lockdown as jy weg is van jou geliefdes. 

RUAN: Wat was jou inspirasie agter jou nuwe enkelsnit?
MIA: Die lied is geskryf deur Vaughan Gardiner, dit is iets anders as enige ander liefdes lied en dit is waarvoor ons gegaan het met die skryf van Krimineel. 

RUAN: Wat is die boodskap wat jy graag wil he mense moet kry?
MIA: Elke persoon het hulle eie persoonlike opinie oor die lied en dit is wat ek wou kry by my gehoor die emosie in die lied moet aan elke persoon hul eie gevoel en betekenis skep. 

RUAN: Wie sou jy se is jou rol model in die musiek wereld wat jou laat musiek begin skryf en sing het?
MIA: Daar is so baie kunstenaars wat n invloed het op my musiek, byvoorbeeld Nadine en Celine Dion, hulle is fantastiese ‘vocalists’ en ek sal baie graag in hulle spore wil loop. 

RUAN: Sal jy sê die musiek video kan “relate” met paartjies vandag?
MIA: Definitief, die hele musiekvideo gaan oor n man en vrou wat konstant probeer om tyd saam te spandeer maar sy werk steel hulle weg van mekaar af. 

RUAN: Met net ’n paar maande oor in 2020 wat kan ons nog verwag van Mia?
MIA: Daar is n nuwe lied wat gaan uitkom voor die einde van 2020 sy naam is Waterval en ek werk weer met MuseStudios. 

RUAN: Daar is soveel jong mense in ons land wat inspirasie benodig, het jy enige woorde van hoop vir hulle?
MIA: Ek sou sê- wees die beste weergawe van jouself, jy moet konstant aan jouself werk en jouself as mens probeer verbeter. Harde werk en ondersteuning is altyd belangrik maar onthou om aan jouself te werk en in jouself te glo. 

RUAN: Op watse media aplikasies kan ons jou ondersteun?
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/miaartistfanpage/
Instagram: @miaartist_official
Twitter: @MiaSangeres
SoundCloud:https://soundcloud.com/mia-louw-artist

KRIMINEEL is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Laai die enkelsnit hier af:https://distrokid.com/hyperfollow/mia8/krimineel-mia

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *