NUWE KINDERBOEK, NANDI IN KWAZULU , NOU OOK IN SUID-AFRIKA BESKIKBAAR!

NANDI IN KWAZULU , Praline Hudson se eerste kinderboek met sy pragtige illustrasies deur Joel Calvó, is nou ook in Suid-Afrika by Ethnikids beskikbaar!

https://www.ethnikids.africa/products/nandi-in-kwazulu-natal?_pos=1&_sid=c119d1c0e&_ss=r

Hierdie boek wat die storie vertel van Nandi en haar vriende se sorgvrye kinderjare in KwaZulu-Natal en die genot wat ’n eeueoue speletjie aan hulle verskaf is ideaal vir kinders tussen nul en vyf, wat saam met hulle ouers lees, asook vir ses- tot sewejariges wat Nandi se verhaal self kan ervaar.

Dit is belangrik dat die boeke wat kinders lees hulle etnisiteit en kultuur weerspieël, omdat dit hulle meer oor hulleself leer en laat voel dat hulle êrens hoort. Dít was die inspirasie en dryfveer agter NANDI IN KWAZULU .

Om vir hierdie ouderdomsgroep te skryf, was ’n opsetlike besluit. “As voorskoolse onderwyser, is ek steeds daagliks verbaas oor jong breine se vermoë om inligting te absorbeer en ervarings met nuuskierigheid en openhartigheid te benader,” sê die skrywer. “Ek glo dat ons ’n wonderlike wêreld vir almal kan smee deur kinders te wys dat diversiteit verrykend is en deur hul gedagtes oop te maak om te leer oor almal wat ons planeet bewoon, uit elke uithoek van die aarde.”

Praline, wat oorspronklik van Durban afkomstig is, woon al seder 1994 in Barcelona, Spanje. Die Montessori-opgeleide onderwyser en ma van drie was nog altyd lief vir skryf en het besluit om tydens die Covid-19-inperking haar droom om ’n kinderboek te skryf te verwesenlik.

Dié Suid-Afrikaanse skrywer, wat al vir dertig jaar in voorskoolse onderrig spesialiseer, wou met haar eerste vrystelling bydra tot diversiteit in kinderliteratuur en liefde vir taal en lees kweek: “Ek het besluit om die storie te skryf omdat die boeke wat ek twintig jaar gelede vir my drie dogters gelees het, nie mense van kleur verteenwoordig het nie. Al het dinge gelukkig met tyd verander, moet ons nie huiwer om boeke wat gebaseer is op diversiteit met kinders te deel nie,” sê sy. “Ek wil hê dat kinders dié boek moet gebruik om die genot van lees te ervaar, te voel hoe taal hulle kan wegvoer en om meer te leer oor die mense in hulle land.”

Volgens Hudson het María Montessori gepraat oor fantasie en hoe ons jong breine kan verryk met wonderlike stories wat op ons regte wêreld gebaseer is . “Dit het my bygebly, en die resultaat is NANDI IN KWAZULU , ’n fiktiewe verhaal gebaseer in my geboorteland! Ek hoop dat my boek baie hande sal bereik en met soveel klein mensies as moontlik gedeel sal word.”

NANDI IN KWAZULU , uitgegee deur Fox Editions, is ook beskikbaar by Amazon.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook : https://www.facebook.com/praline.hudson
Instagram : @pralinehudson
Webtuiste: pralinehudson.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *