KYLE SEPTEMBER STEL INTIEME GOEDVOEL-POPSNIT VRY

CUDDLE UP gaan daaroor om daar te wees vir iemand wanneer hulle ’n slegte dag gehad het of om deur iemand spesiaal bemoedig te word wanneer jou eie dag sleg was,” verduidelik Kyle September oor die betekenis agter sy nuutste goedvoel-snit wat verseker opslae gaan maak in musiekkringe. 

Volgens September kan die nuutste snit uit sy eie pen beskryf word as ’n “oulike ligte popliedjie” wat sal aanklank vind by ’n wye gehoor. “Fisiese aanraking is my liefdestaal. ’n Intieme gebaar kan baiekeer regkry wat woorde nie kan nie. Hierdie liedjie vang hierdie gedagte perfek vas,” deel hy.  

Hierdie enkelsnit is sy vierde enkelsnit-vrystelling vanaf sy opkomende debuut-album, wat in Augustus 2022 vrygestel word, en volg in die voetspore van lekkerluister-treffers soos Little Things, Sweetness en Analog Heart, wat almal goed ontvang is en steeds gereelde radiospeeltyd op nasionale stasies kry. 

Kyle het ook ‘n liriek video beskikbaar vir Cuddle Up, kyk dit hier:

Kyle is al vir meer as ’n dekade in die musiekbedryf doenig en spog met ’n honneursgraad in BMus van Wits School of Arts en het oor die jare verskeie loopbaanhoogtepunte gehad.  Van hulle sluit in, sy optrede by Afriski, ’n openingsvertoning vir Francois van Coke by die Misty Waters-fees, en om saam met Graeme Watkins ’n aanlynvertoning te hou gedurende grendeltyd.

Alhoewel hy vier-en-twintig-uur per dag aan musiek dink, nuwe musiek vir sy album skryf en daarop fokus om soveel as moontlik op die verhoog te wees met sy nuwe en vol orkes, geniet die musikant ook sport en is hy al sedert 2009 ’n deeltydse afrigter.

Kyle is bekend vir sy opgewekte positiewe musiek en jy gaan verseker CUDDLE UP by jou versameling wil voeg! 

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms. 

Laai dit hier af: https://smarturl.it/KyleSepcuddleup

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/kyleseptembermusic

Instagram: www.instagram.com/kyleseptember

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCMRJAZoFz1sGbFqrxfO6cdA

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *