Jo Black het pas die musiekvideo vir sy splinternuwe rock-ballade, BITTER bekendgestel en dit stel beslis nie teleur nie!
Die musiekvideo is vervaardig deur daniel Rademeyr en Jannes Erasmus en is verfilm in Jo se restaurant, The Bearded Butcher, wat eersdaags sy deure oopmaak. Dit beeld die kontras uit tussen mans en vroue. BITTER roere nie net die hartsnare nie, maar vind beslis ook aanklank by gehore van alle ouderdomme. Jo dra hierdie lied spesiaal op aan sy vrou, Debbie.
Kyk die video hier: http://www.youtube.com/watch?v=4FXL287JifQ

BITTER is die tweede enkelsnitvrystelling vanaf sy nuutste album wat in samewerking met Inhoud Huis Musiek vrygestel is en hy het hierdie treffende lied saam met Johan Vorster geskryf.
“BITTER is een van die mees beskrywende woorde in Afrikaans. Jy kan bitter-kwaad, bitter-bly, bitter-mooi, bitter-stout of bitter-lief wees. Hierdie is ’n lied om vir my vrou te beskryf hoe bitter-nodig ek haar het”, sê Jo.
Die liedjie is beskikbaar op die VOEL JY DIE GENADE album en op alle digitale platforms hier: https://joblack.lnk.to/VJDG

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://web.facebook.com/JoBlack8/
Instagram: @JoBlack8
Twitter: @JoBlack_BTG