
Valeska Muller het oor die jare die kuns bemeester om met haar strelende stem, ritmiese musiekverwerkings en eerlike lirieke diep spore te trap in die harte van luisteraars regoor die land.
Daarom het dié geliefde ster aanhangers behoorlik aan die gons met die vrystelling van haar langverwagte debuut-album, MY SIMFONIE, wat nie net haar stem en talent behoorlik laat skitter nie, maar ook ’n musiekversameling bied wat aan elke smaak sal voldoen.
“Hierdie album is letterlik ‘MY SIMFONIE’. ’n Uitgebreide musikale samestelling van my lewe en, natuurlik, my groot liefde vir musiek,” verduidelik sy. “Met dié vrystelling wil ek myself voorstel, grense oorskry en my werk deel met diegene wat my al so lank ondersteun.”
Sy beskryf die genre van haar eerste CD as elektroniese pop-dans-, vermeng met ’n tikkie progressiewe huismusiek. Dit bestaan uit vyftien oorspronklike Afrikaanse snitte en drie Engelse liedjies wat hoofsaaklik deur Valeska en haar vervaardiger – BIGG-T – geskep is. Twee van die liedjies is saam met Sean Butler geskryf en die sangeres meen dat sy haar tyd gevat het om seker te maak dat alles wat opgeneem word uniek en perfek is.
“Dit was vir my belangrik dat die emosie in elke lied weergegee word deur die musiek en daar word baie temas aangespreek soos hartseer, trauma, teleurstelling, frustrasie, liefde, aanvaarding en hoop. Elke snit is soos ’n fliek benader – party het aksie, ander sal jou laat lag of dans en dan is daar ’n paar wat jou sal laat huil,” deel Valeska. “Ek dink die algehele styl van die album is uniek en progressief. Ons het geëksperimenteer met verskillende klanke en melodieë en iets geskep waaraan nie baie Afrikaanse luisteraars gewoond is nie. Dit is baie opwindend en vars.”
Volgens die musikant is die lied wat haar die naaste aan die hart lê, beslis Jy Vat Alles: “Dit is ’n brief wat ek vir iemand geskryf het en ek luister self gereeld daarna, omdat dit iets diep in my binneste laat ontwaak.” Verder meen sy dat Hou Jou Mond En Dans en Naby My Naby Jou ook die potensiaal het om gehoorgunstelinge te word.
Hierdie albumvrystelling volg kort op die hakke van haar derde enkelsnit, Verlange Van Jou, waarin sy ’n baie persoonlike boodskap deel en waarby gehore van alle ouderdomme aanklank vind. Hierdie treffende oorspronklike snit kan beskryf word as progressiewe huismusiek en her reeds ’n groot opskudding in die mark veroorsaak. Dit sal ook binnekort in Engels versprei word.
Die musiekvideo, deur Nic Billington van Saint Nic Media, is ook onlangs bekendgestel en het groot belangstelling gelok as gevolg van die unieke konsep wat gebruik is om haar kontrasterende emosies met kleur te weerspieël. Dit is tans ook op die kassie te sien.
Haar vorige liedjies, Skyn Jou Liggie Vir My en Verdwaal Saam Met Jou, is ook albei baie positief ontvang deur die publiek en kan steeds op radiostasies regoor die land gehoor word. Beide se musiekvideo’s, wat deur dieselfde regisseur vervaardig is, is ook reeds deur duisende mense op YouTube gekyk.
Valeska, wat haar eie musiekskool – Valeska Muller Vocal Academy (VMVA) besit, werk al negentienjaar in die musiekbedryf en het op die musiekrealiteitsprogram, Zing, haar debuut op die kassie gemaak as deel van die Top 7 van die kompetisie, wat vir haar baie deure oopgemaak het.
Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80’s show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.in verskeie verhoogproduksies en het sy rolle gehad in televisieprogramme soos Generations, Roer Jou Voeteen Binnelanders. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV. Sy het ook al opgetree by verskeie funksies en feeste, waaronder Aardklop, Innibos, Aartappel Fees, KKNK en vele meer.
Tans is sy besig om te oefen vir die Two Oceans, Spaans te leer praat en die finale afrondings te doen aan haar Afrikaanse album wat later vanjaar uitgereik word. “Dit is vir my ’n groot voorreg om my eerste album, wat nogal in my moedertaal is, op te neem. Alhoewel dit harde werk is, is dit ’n baie lonende ervaring,” verklap die sangeres.
Buiten vir die feit dat Valeska Muller Afrikaanse grense wil verskuif met MY SIMFONIE en mense se harte wil raak, het sy ook nog baie groot drome; wat ’n wêreldtoer, ’n fliek, ’n boek en haar eie platemaatskappy insluit. Omdat daar net plek was vir soveel liedjies op haar huidige album, kan luisteraars ook uitsien na heelwat opwindende nuwe vrystellings in die toekoms.
KOOP NOU HAAR ALBUM AANLYN OP:
iTunes – https://music.apple.com/za/album/my-simfonie/1477475038
Deezer – http://www.deezer.com/album/107845082
Spotify – https://open.spotify.com/album/1nEJEs69lIlBt8eacSAm3V?si=jOFECHg6TWWQfZ7iLRIbUw
LYS VAN SNITTE
My Simfonie
Verlange Van Jou
Jy Vat Alles
Verdwaal Saam Met Jou
Skyn Jou Liggie Vir My
Naby My Naby Jou
Daar Waar Ons Staan
Vergeet Van Als
Hou Jou Mond En Dans
Hallo Hallo
Wat’s Jou Storie?!
Dis Net Wie Jy Is
Woestyn Van Herhaal
’n Traan Voor Jy Gaan Slaap
More Than Ever
Keep Up
Be Myself
Roekeloos
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies