Suid-Afrikaanse musikant, Wouter Kellerman, benoem vir ‘n Grammy-toekenning

Die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, Wouter Kellerman, is benoem vir ’n GRAMMY®-toekenning in die Beste Nuwerwetse Album-afdeling (New Age Album) vir Pangaea, ’n projek wat hy saam met die Amerikaanse komponis en musiekvervaardiger, David Arkenstone, aangepak het.

Kellerman het reeds in 2008 bewys dat hy een van Suid-Afrika se mees gerekende musikante is met die vrystelling van sy debuut-album, Colour. In 2010 het by die FIFA Wêreldbeker-afsluitingseremonie opgetree voor ’n wêreldwye gehoor van 700-miljoen mense.

Hy het ook in 2014 ’n GRAMMY®-toekenning gewen vir sy 2014-album, Winds of Samsara (wat uit die staanspoor die Nommer 1-posisie op die VSA treffersparade vir Nuwerwetse Musiek beklee het en vir elf weke onder die Top 10 gebly het), en is benoem in die Beste Kontemporêre Instrumentele Musiek-kategorie in 2015. Op plaaslike bodem, het hy reeds agt SAMA-toekennings ingepalm.

Oor sy Grammy®-benoeming, sê Kellerman: “Ons is ongelooflik dankbaar vir die nominasie! Ons het die nuwe musiek geskryf in die hoop dat ons gebroke en verdeelde wêreld ’n nuwe identiteit kan smee waarin almal saam staan en werk – ’n wêreld waarin ander se belange net so belangrik is soos jou eie, net soos in die super-vasteland van Pangaea – dit is die lente van ’n nuwe era en ’n nuwe begin. Ons sien uit daarna om jou verbeelding op reis te neem!”

Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier:  https://orcd.co/pangaea

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Twitter: twitter.com/wouterkellerman

Instagram: www.instagram.com/wouterkellerman

Facebook: www.facebook.com/wouterkellermanmusic

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *