SUID-AFRIKA SE VOORSTE MENSLIKE LEUENVERKLIKKERS BIED EKSKLUSIEWE WERKSWINKEL AAN

Een van Suid-Afrika se enigste menslike leuenverklikkers, Lizette Volkwyn, bied op 11 en 12 November 2022 ’n eksklusiewe werkswinkel aan by Centurion Golf Club Country Estate. Dié werkswinkel is vir enigiemand wat graag hulle persoonlike en professionele kommunikasievaardighede wil opskerp.

Gedurende hierdie twee-dag-geleentheid, genaamd I CAN SEE YOU LIE, sal Lizette, wat een van slegs twee plaaslike PEI-leuenverklikkers is, deelnemers metodes leer om hulle te help om hulle emosies te beheer, leuens te identifiseer, en oor die algemeen beter te kommunikeer deur die basiese beginsels van leuenverklikking oor te dra. Hierdie kursus gaan nie net op liggaamstaal fokus nie, maar ook in die bewussyn en onderbewussyn delf. Verder sal dit ook die oorsake en “triggers” van leuens aanspreek.

Daar is ’n groot behoeftes vir waarheid en deursigtigheid in ons lewens. Ons is egter geneig om goedgelowig te wees en te glo wat ons hoor, eerder as wat ons sien. Dit kan nadelig wees in ons persoonlike en professionele verhoudings,” sê Lizette. “Die werkswinkel poog om hierdie behoefte aan te spreek deur deelnemers te leer om die basiese beginsels van nie-verbale kommunikasie, lyftaal en leuenverklikking te verstaan.”

Marcus Coetzee – die enigste ander gesertifiseerde PEI-leuenverklikker in die land, wat spesialiseer in persoonlike beskerming in die intelligensie diens (AI) – sal ook as gasspreker optree tydens dié geleentheid. “Marcus fokus op ’n ander aspek van leuenverklikking. Deur kragte saam te span, bied ons omvattende inhoud vanuit verskillende oogpunte.”

Lizette is ’n veelsydige vrou wat na meer as twee dekades in die korporatiewe bedryf besluit het om haar passie na te jaag en haar eie konsultasie-agentskap te begin.

Omdat sy altyd opsoek is na nuwe uitdagings en geleenthede, het sy – wat al vir jare as meesterlewensafrigter spesialiseer – ’n paar jaar gelede besluit om die strawwe opleiding te ondergaan om ’n menslike leuenverklikker te word. Haar kursus het uit 29 kandidate uit 27 lande bestaan, waarvan 24 van intelligensiedienste was. Haar besluit is verder gemotiveer deur ’n behoefte om ’n unieke vaardigheid aan te leer om haar kliënte beter te verstaan en sodoende vinniger resultate te lewer.

Deesdae werk sy nie net as menslike leuenverklikker nie, maar ook as lewensafrigter en bied sy opleiding aan in bemarking, leierskap, kommunikasie en aanlyn bemarking, asook werkswinkels en selfontdekking en groepsopleiding. Verder het sy ook al meer as 25 000 een-tot-een-sessies met kliënte gehad in meer as 20 lande en is sy die skrywer van die boek, Finding Me, wat handel oor selfontdekking en -ondersoek. Meer as 2 500 eksemplare van die boek is reeds verkoop.

As spreker het hierdie merkwaardige vrou al praatjies regoor die wêreld gelewer en die verhoog gedeel met internasionale denkleiers soos Robin Banks, Russell Fox en Justin Cohen. Sy is ook ’n gereelde gas op nasionale radioprogramme en internasionale podsendings.

Alhoewel sy tans daarop fokus om mense op te lei om die waarheid te bemeester en meer effektief te kommunikeer, het sy ’n paar opwindende maande wat vir haar voorlê – sy is tans besig om ’n aanlyn kursus te voltooi, nog ’n boek (Confidently Stepping Up) te skryf en ’n nie-winsgewende organisasie (Cinderella’s Dream) ten bate van tienermeisies te vestig wat in Januarie 2023 bekendgestel word.

Die I CAN SEE YOU LIE-werkswinkel word ook binnekort in die Wes-Kaap aangebied en daar word reeds beplan om dit ook in 2023 in ander dele van die land te herhaal.

Die doel van die werkswinkel is nie om mense te leer om leuenaars uit te vang nie, maar eerder om seker te maak dat deelnemers genoeg selfvertroue het om die waarheid te ontgin. Ek en Marcus wil ons kennis en vaardighede gebruik om ander te leer om beter te kommunikeer,” sluit sy af.

Kaartjies vir die I CAN SEE YOU LIE-werkswinkel kos R2 850 per persoon. Vir meer inligting of om te bespreek, stuur ’n e-pos na info@lizettevolkwyn.com of besoek www.lizettevolkwyn.com.

VOLG HAAR GERUS OP SOSIALE MEDIA:
Facebook – www.facebook.com/confidentlyfindingme
Instagram – @lizette_volkwyn
Twitter – @LizetteVolkwyn
Webblad – www.lizettevolkwyn.com

Foto: Willem Botha

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *