Showmax se Skemerdans ’n neo-noir Kaapse Vlakte-moordraaisel

Die oorspronklike Showmax-produksie Skemerdans word tans in Kaapstad vervaardig. Die Kaapse Vlakte neo-noir sal na verwagting in 2021 op Showmax te sien wees.

Brendon Daniels (TREVOR)

Na die moord op die eienaar Glenn Fortune, word The Oasis jazz-klub die middelpunt van ’n magstryd tussen twee broers, ’n veragte weduwee en ’n georganiseerde misdaadsindikaat.

Ilse Klink (SHIREEN)

SAFTA-wenners Kevin Smith (Isidingo, Arendsvlei), Ilse Klink (Stroomop, Isidingo) en Brendon Daniels (Four Corners, Sara se Geheim, Arendsvlei) lei die sterbelaaide rolverdeling as Glenn, sy vrou Shireen en sy broer Trevor, onderskeidelik. Ceagan Arendse (Suidooster, Arendsvlei) is die swartskaap van die familie, Warren; Trudy van Rooy (Die Byl, Sara se Geheim) is Glenn se spandabelrige dogter, Jessie; en SAFTA-benoemde Vinette Ebrahim (7de Laan, Binnelanders) is die formidabele Fortune-familie matriarg.

Trudy van Rooy (JESSIE)

2019 Comics Choice-benoemde  – en Good Hope FM Happy Hour-aanbieder – Carl Weber speel een van die Adams-broers, bendebase wat besig is om die area rondom The Oasis uit te koop. Bongo Mbutuma (Die Spreeus, Erfsondes) speel sy medepligtige en “brother from another mother”.

Sanda Shandu (CHARLIE)

Die moordraaisel se ensemble-rolverdeling sluit ook Fleur du Cap-wenner Mbulelo Grootboom (Sara se Geheim, Projek Dina), Fleur du Cap-benoemde Ann Juries (Arendsvlei, Ander Mens), Danny Ross (Nommer 37, Arendsvlei, Suidooster), Kim Syster (Binnelanders, Suidooster), Carmen Maarman (Arendsvlei, Lui maar op, Belinda), Sanda Shandu (The Kissing Booth 1 en 2) en legendariese Kaapstadse musikant Alistair Izobell in.

Skemerdans Co-Creator Amy Jeptha

2019 Standard Bank Jong Kunstenaar Amy Jephta (skrywer van Trackers, Die Ellen Pakkies Storie en regisseur van die komende vollengte film Barakat) is uitvoerende vervaardiger en reekshoof van hierdie nuwe 13-episode produksie, en behartig die regie saam met Ephraim Gordon (Sara se Geheim,Suidooster). Nagvlug Films (Rage) vervaardig die reeks.

Kevin Smith (GLENN)

Die reeks word rondom Voortrekkerweg en by Club Galaxy in Rylands verfilm, na alle waarskynlikheid een van Kaapstad se mees bekende klubs vandat dit in 1978 oppgemaak het. Die klub staan in as beide The Oasis en die Adams-broers se ontkleedansklub The Velvet Room. SAFTA-bekroonde hoof van fotografie Chris Lotz (Jan, The Endless River, Rage, Shoreline) skiet meesal tussen sononder en dagbreek, en sal steun op die skadu’s, siloehette en neonligte wat dié area juis so geskik maak vir ‘n noir-reeks.

Vinette Ebrahim (MERCIA)

“Ons het die storie geskryf met Galaxy en Voortrekkerweg ingedagte,” sê Amy. “Ons wou hierdie totaal plaaslike omgewings vat en hulle die soort behandeling gee wat mens met LA-noir assosieer, en hulle net so filmies en ikonies laat voel.”

Danny Ross (DENVER)

Die 13 halfuurlange episodes, in ’n organiese, hiper-plaaslike mengsel van Afrikaans en Engels, sal in 2021 op Showmax te sien wees, met ’n nostalgiese Kaapse jazz-klankbaan wat jou sal terugneem na jou eie dae op die Galaxy-dansvloer, terwyl jy probeer uitwerk wie vir Glenn Fortune vermoor het, en waarom.

Ceagan Arendse (WARREN)

Ander oorspronklike Showmax-produksies wat op pad is, sluit die werklikheidsreeks Lebo M: Coming Home in, wat teen 2 Desember 2020 verwag word, en die Megan Fox aksiefliek Rogue, op 3 Desember 2020. Jahmil XT Qubeka se antieke Afrika-reeks Blood Psalms, ’n ko-produksie met Canal+ International; die langverwagte tweede seisoen van die SAFTA-bekroonde komedie Tali’s Wedding Diary; en die kleindorpse riller Dam word almal vroeg in 2021 verwag.

Ann Juries (MELANIE)

Oor Showmax

Showmax is ’n internet-TV-diens. Wat Showmax uitsonderlik maak is ’n unieke mengsel van treffer-inhoud uit Afrika, eerste en eksklusiewe internasionale reekse, premium dokumentêre en die beste kinderprogramme. Showmax Pro bring ook musiek, nuus en regstreekse sport van Supersport. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang. Sluit aan en stop net wanneer jy wil.

Stroom Showmax met apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles.  Bestuur dataverbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem. Laai episodes op slimfone en tablette af om later te kyk.

FOTO KREDIET: Gabriella Achadinha

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *