
“Beplan jou beste vir môre, maar leef vir vandag en geniet wat jy het, want môre sal vir
homself sorg”. – Nathan Smith
Bekroonde kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer Nathan Smith se splinternuwe album met oorspronklike werke, Here’s to the Now, is gedurende Julie hierdie jaar vrygestel en dié album word deur ander kunstenaars en musikante in die bedryf soos Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Francois van Coke, Ricus Nel en talle ander as ‘n meesterstuk beskryf!!
Die eerste twee enkelsnitte vanaf die album, DECISIONS en CLOSER, wat gelyktydig aan radiostasies vrygestel is, is ongelooflik goed ontvang en kan gereeld oor die klankgolwe van stasies landswyd gehoor word.
Die titelsnit, HERE’S TO THE NOW, gaan daaroor om so besig te wees met wat ‘n mens moet doen en wil bereik of met ‘n situasie dat jy al die goeie dinge en tye van menige ervaringe misloop. “In my geval was dit om wonderlike oomblikke saam met my vrou, Jackie, mis te loop. Om daar te wees, maar nie regtig daar nie, nie regtig te geniet nie, die geleentheid te mis om die kein goedjies in die lewe te geniet wat eintlik die groot goed in die lewe is. Met HERE’S TO THE NOW sê ek jammer daaroor en dat ek nou dag vir dag sal leef of elke oomblik saam met haar te kan geniet”, sê Nathan.
Willem Viljoen van SASC was die regisseur van fotografie en ook die video en die vervaardiging is behartig deur Zap High Speed Studios https://www.facebook.com/ZAPhighspeed/ en TA Group Media http://www.tagroup.co.za/
Die groep optrede is binne 5 ure verfilm by Foghound studios in Midrand –
Baie van die beeldmateriaal was verfilm met ‘n Talos Motion Control Rig (‘n robot arm met ‘n kamera wat op ‘n spoor hardloop) met ‘n 9m x 3m LED skerm as ‘n agtergrond. Die tuisvideo beeldmateriaal is geskiet by die pragtige Western Breeze game farm in Limpopo https://www.facebook.com/thewesternbreeze/ en met 3 ure se beeldmateriaal wat verpak is in die video in.
“Die konsep was om elke dag by die huis tipe oomblike vas te vang van my en my vrou, saam met my en my band wat die liedjie sing en die boodskap oordra dat ek nou bewus is van my foute en dit duidelik sien. Dat dit vir my nou belnagrik is om ‘n goeie tyd saam met haar te hê”, sluit Nathan af.
Kyk die video hier: https://youtu.be/2nC0nVbyuek
Die album, HERE’S TO THE NOW, vernoem na die titel-snit, spog met twaalf oorspronklike snitte en is nou beskikbaar op alle digitale platforms hier: https://bit.ly/3eB7Mvw
LIEDJIES OP DIE ALBUM
Here’s to the now
Dry Cry Smile
Running Out of Control
It Feels Good
Alice
The First and The Last
The Investment
Plastic Man
Scientists Say
Decisions
Closer
Aidan

SOSIALE MEDIA SKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/NathanSmithOfficial/
Twitter: https://twitter.com/NatStringSmith
Instagram: https://www.instagram.com/nathansmithvibes/
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCCcONX7ey844Cm9gAH9cD5Q/
Webtuiste: www.nathansmith.co.za
Fotokrediet: Warren Krige