Michael Blignaut Stel Nuwe Musiekvideo Vry!

Michael Blignaut se derde enkelsnit, ONS HET NET VANAAND, is gedurende Augustus 2019 vrygestel en hierdie popliedjie, uit die pen van Nerine Gardiner met die opgewekte dansaanslag verskil hemelsbreed van die rustige ballades waarvoor Michael bekendheid verwerf het, maar gaan steeds, soos sy vorige liedjies, oor die liefde.

“Die meeste van ons het al in ons leeftyd iemand tydens ’n vakansie of troue ontmoet, wat ons glad nie ken nie, maar waarmee ons op daardie oomblik net gekliek het. Alhoewel daar geen langtermyn verbintenis is nie, maak beide partye die beste van daardie enkele ontmoeting en word dit ’n herinnering wat vir altyd gekoester word,” vertel Michael.

Die liedjie is baie goed deur radio landswyd ontvang en kan gereeld oor die klankgolwe van stasies landswyd gehoor word.  

Die musiekvideo, wat deur Fathom Media in Gauteng verfilm is word nou vrygestel.  Dit vertel die verhaal van ’n paartjie se verhoudingsreis. Daar is ‘n lekker draai in die video waarvoor die kyker maar kan uitkyk en ‘n wonderlike groen Volkswagen-kewertjie wat beslis die ster van die musiekvideo is.  VIA TV se Ster-Status aanbieder, Luré Delport, speel die vroulike hoofrol in die storie.  “Omrede ek en sy baie goeie vriende is, was die dinamika van ons twee se karakters lekker toe die kameras begin rol het.  Van die dele wat ons geskiet het was so effens buite my gemaksone, soos byvoorbeeld die vis wat ek moes vang!  Ja, ek erken dit!  Ek kan nie en ek hou nie van visvang nie, maar glo my, dit het gesorg vir baie pret op die stel”, skerts Michael.  Michael vertel verder dat daar baie op stel gelag was en dat hierdie video sy gunsteling video was om te skiet.  “Ek kan nie wag om te hoor wat almal gaan dink nie!”.  Die talentvolle Suna Robberts van Image by Suna was ook verantwoordelik vir die stilering.

KYK DIE VIDEO HIER:  https://youtu.be/mZmUizJh-OY

ONS HET NET VANAAND volg in die suksesvolle voetspore van sy vorige enkelsnitte, Naglig en Hemelwater, wat baie goed ontvang is. Beide treffers het speeltyd gekry op verskeie groot radiostasies en die musiekvideo’s kan steeds op die kassie gesien word. Naglig het ook vir vier agtereenvolgende weke die nommer een posisie bekleë op die Kaapse streeksradiostasie, SFM, se treffersparade. “Elke liedjie wat ek vrygestel het, dra ’n sterk boodskap en is baie goed deur die publiek ontvang en dit maak my ongelooflik trots,” deel die musikant. 

ONS HET NET VANAAND is beskikbaar op alle digitale platforms.  Kry die liedjie hier:

iTunes: https://music.apple.com/za/album/ons-het-net-vanaand/1475535092?i=1475535093

Spotifyhttps://open.spotify.com/track/1B6sCWhKXdMcflLxXOwZ2V?si=4uzzcQJES-q7kVTy7q7a_A

Deezerhttp://www.deezer.com/track/727850552

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/mich.blignaut

Instagram: @mich.blignaut

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *