
Jo Black se splinternuwe album, VOEL JY DIE GENADE, het binne 10 dae vanaf vrystelling goue status (verkope van 15 000 albums) bereik. Dié nuwe vrystelling wat op 8 Februarie 2019 uitgereik is en onmiddellik die #1 posisie op iTunes ingeneem het, het ook sedertdien die #1 posisie op die RSG Top 20 verkopers in die land ingeneem. Die eerste enkelsnit, wat ook die titelsnit vanaf die album is, pryk ook sedert vrystelling bo-aan talle radiostasies landswyd se trefferparades, terwyl die musiekvideo van hierdie inspirerende lied al bykans 340 000 keer gekyk is.
“Meer dankbaar kan ek nie wees, in minder as 2 weke het VOEL JY DIE GENADE goue status bereik. Dankie aan almal wat my album al gekoop het, as jy hom nog nie het nie, kry hom”, het ‘n Jo op sosiale media sy aanhangers en ondersteuners bedank.
Verder sê Jo: “Ek is stomgeslaan oor hoe goed die album doen. Dankie aan almal wat ons musiek koop en na ons vertonings toe kom”.
Jo het die lied, VOEL JY DIE GENADE saam met Johan Vorster, Christoph “Appel” Kotze en Roan Ash geskryf, en dit is kenmerkend van die Jo Black-handelsmerk waarvoor almal so lief geword het – ’n Afrikaanse rocktreffer, met diep lirieke en selfs ’n dieper betekenis.
Die album bied ’n unieke mengsel van geloof, hoop en liefde en verklap nie net meer oor sy loopbaan sover nie, maar ook oor die dinge waarvoor hy dankbaar is. Dit bestaan uit ’n wye verskeidenheid snitte, wat sy emosiebelaaide weergawe van Leonard Cohen se Hallelujah insluit, en volgens hom mooi bymekaar gekom het aangesien dit nie vooraf so beplan was nie.“Ons het oor enigiets geskryf wat oor ons pad gekom het en, op ’n manier, dit reggekry om ’n goeie album saam te stel. Dit is net nog ’n bewys van genade. Die grootste uitdaging, was egter dat ek my eerste album oor 35-jaar geskryf het en net een jaar gehad het vir die tweede een,” korswel die ster.
Jo, wat van kleins af lief was vir musiek, het nooit gedink dat dit eendag sy loopbaan sou word nie. Vir hom moet musiek driedimensioneel wees. “Dit moet nie net strelend op die oor wees nie, maar ook met die hart en siel praat en aanklank vind by gehore,” meen hy. “Die enkelsnit som, soos die album, die laaste jaar van my lewe op. Wanneer ek terugkyk op hierdie reis, besef ek dat alles net genade was. Ek hoop dat dit mense sal help om ook die genade in hulle eie lewens raak te sien en te ervaar.”
Wat die maak van die titelsnit se musiekvideo aanbetref, wou Jo graag die geleentheid gebruik om diegene wat in sy reis gedeel het, aan die publiek bekend te stel. “Ek verskyn gewoonlik alleen in my musiekvideo’s, maar tree nooit sonder ’n orkes op nie. Ek wou hê dat hierdie video hulle moes insluit – want hulle het die afgelope twee jaar saam met my meer as 550 konserte gedoen.”
VOEL JY DIE GENADE is nog ’n opbouende en betekenisvolle vrystelling deur dié plaaslike superster, wat sy boodskap van hoop en geloof aanhou versprei soos net hy kan.
Jo Black se nuwe album is uitgereik in samewerking met Inhoud Huis Musiek en is op alle digitale platforms en in alle goeie musiekwinkels landswyd beskikbaar. Volg die skakel om die album aan te skaf: https://joblack.lnk.to/VJDG
LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM
Voel Jy die Genade
Spring
Huis Op die Heuwel
Verlore Seun
Ek Sal Sing
Bitter
Jy’t My Gewys
Die Lig
Vreesloos
Hand Op Jou Bors
Kinders Sê
Wat As
Hallelujah
VOLG HOM OP SOSIALEMEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/JoBlack8/
Instagram: @JoBlack8
Twitter: @JoBlack_BTG