Jauni M se country-popsnit met ‘n rock-ondertoon, NIEMAND ANDERS, is gedurende
September 2018 vrygestel en dié liedjie met die lekker ritme wat perfek pas by haar unieke
stem se musiekvideo is ook pas bekendgestel!
Kyk die musiekvideo
hier: https://www.youtube.com/watch?v=G0h97VAeNJY&feature=share

Die musiekvideo is geskiet net buite Jauni M se tuisdorp, Parys, in een van haar gunsteling
kuier plekkies, Dog & Fig. Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus was verantwoordelik vir die
konsep, regie, produksie en vervaardiging van die video. Dié twee is ‘n dinamiese span en
werk gereeld saam met groot name soos onder andere Robbie Wessels en Jo Black. Jauni
M se hare, grimering en stillering is gedoen deur Natasha Bouma.
“Die musiekvideo gaan oor eerste ontmoetings, amper soos liefde met die eerste oogopslag.
Jy is nie lekker seker wat nou in jou hart aangaan nie, maar al wat jy weet is jy het nog oor
niemand anders so gevoel nie. Dit is so ‘n lekker vlinder in die maag gevoel en jy wonder
waarheen dit kan lei”, sê Jauni M.
Die bekende akteur, David Konrad (Binnelanders, Rythm City) wys gesig in die musiekvideo
en Jauni M sê dat hy dit vir haar baie gemaklik op die stel van die video gemaak het. “Ek is
baie skaam, maar omdat hy ervaring het, het hy my dadelik touwys gemaak en op my gemak
gestel”.

“Ons het wel vir hom ‘n lekker poets op die stel van die musiekvideo gebak! In die video nooi
hy my om by sy tafel te kom sit en gesels – ek is ‘n kelnerin en bring vir hom ‘n koppie koffie.
David drink nie oor die algemeen koffie nie. Ek het agter die skerms so bietjie tobasco sous in
sy koffie gegooi en kon natuurlik nie my lag inhou nie. Met die eerste skoot en kameras wat
rol vat hy ‘n sluk van sy koffie en kyk met sulke waterige ogies vir my. Almal weet wat
aangaan, maar niemand sê niks. Die regisseur vra toe hy moet net weer ‘n slukkie koffie vat
want hulle wil net seker maak hulle het die skoot gekry. Arme David vat maar ewe
gehoorsaam nog ‘n sluk, maar toe hulle hom ‘n derde keer vra om nog ‘n sluk te vat, toe sit
hy voet neer en sê nee die koffie brand dan! Almal het natuurlik uitgebars van die lag”,
vertel Jauni M met ‘n stoute glimlag!

Jauni M se eerste solo-album sal later in 2019 uitgereik word.
NIEMAND ANDERS is ook op alle digitale platforms
beskikbaar: https://itunes.apple.com/za/album/niemand-anders-single/1437812580
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/Jauni.M/
Twitter: @JauniM
Instagram: @jaunim
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCOrYlt__PkOdkk8RVjSeoCA