JACARANDA 94.2 SE DRIVE-SPAN WORD VERRAS MET ’N UITNODIGING NA MAURITIUS!

Rozanne McKenzie, Rob Forbes en die res van die nuwe Jacaranda Drive-span het Vrydag, 2 September 2022, ’n onverwagse verrassing gekry toe hulle tydens ’n onderhoud met Marlin Magadani (Bemarkingsbestuurder van World Leisure Holidays) spesiaal uitgenooi is om ‘n week by die luukse, Sugar Beach Resort in Mauritius te kom spandeer.

Terwyl hulle die huidige klimaat rondom internasionale reisgeleenthede en spesiale pakkette na Mauritius bespreek het, is hulle onderbreek toe Magadani homself moes verskoon om ‘n dringende oproep te neem.  Met sy terugkeer na die ateljee het hy hulle meegedeel dat hy pas ‘n instruksie ontvang het om die hele span te nooi om vanaf 21 – 28 Januarie 2023 vanaf Sugar Beach in Mauritius te kom uitsaai.

Hierdie spesiale aankondiging was vergesel deur ballonne, stringe eilandblomme, kolwyntjies en sjampanje!

’n Eilandvakansie is presies wat ek nodig het om 2023 af te skop! Ek was nog nooit in Mauritius nie en ek is so opgewonde om al die mooi te gaan indrink,” het Rozanne McKenzie opgewonde gesê.

Rob was net so uit sy vel en het entoesiasties beaam: “Ek kan nie wag om een van die mooiste plekke saam met nuwe vriende te besoek nie. Mauritius is pragtig en baie pret. Ek kan nie wag om weer soontoe te gaan nie.”

Maar, die opwinding het nie daar gestop nie. World Leisure Holidays het ’n spesiale pakket saamgestel vir luisteraars om saam met die Drive-span om hierdie avontuur te gaan!

Hierdie pakket is nou beskikbaar vanaf R27 500 per persoon wat deel en sluit vlugte, verblyf, ontbyt, aandete, oordrag en lughawebelasting in. Hierdie aanbod is eksklusief vir Jacaranda 94.2 FM-luisteraars en kan slegs bespreek word deur op hierdie skakel te kliek:

https://www.jacarandafm.com/shows/drive/you-are-invited-ultimate-holiday-paradise/

Marlin Magadani het ook aankondig dat die eerste gelukkige paartjie wat vir dié wegbreek bespreek, die kans kan staan om hulle geld terug te wen!

So, as ’n vakansie in Mauritius nog altyd op jou wenslys was het jy nou die geleentheid om hierdie eksotiese eiland teen ‘n bekostigbare prys te besoek en saam met Rob Forbes en Rozanne McKenzie en die res van die Drive with Rob & Roz-span skemerkelkies op die strand te drink.  En wie weet, jy wen dalk nog jou geld ook terug!

Ons is opgewonde om kragte saam te span met Jacaranda 94.2 FM en vir hulle luisteraars die beste moontlike pakket aan te bied om een van ons mooiste oorde in Mauritius te besoek. Ons vier saam met Roz en Rob en hulle span die nuwe Drive-program en die lieflike somer wat op pad is. Daar is nie ’n beter plek om vir ’n week te gaan uitspan en vanaf uit te saai as Sugar Beach Resort se ongelooflike mooi strand nie!”, sê Magadani.

Rob Forbes en Rozanne McKenzie saai weeksdae uit vanaf 16:00 tot 19:00. Beide meen dat hierdie vakansie die perfekte manier is om hulle program en die mense wat so hard agter die skerms werk te vier.

World Leisure Holidays is ’n bekende toeragentskap wat al vir 29-jaar vir Suid-Afrikaners vakansies reël by eksotiese eilandbestemmings in die Indiese oseaan. Hulle bied wegbreke na ’n netwerk van luukse oorde en hotelle wat aan enige behoefte sal voldoen, van ’n gesinsvakansie of ’n romantiese wittebrood vir twee.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Bederf jouself vandag nog met ’n vakansie wat jy vir altyd sal onthou! Gaan na https://www.jacarandafm.com/shows/drive/you-are-invited-ultimate-holiday-paradise/ om jou plek te bespreek!

SOSIALEMEDIASKAKELS
THE DRIVE WITH ROB & ROZ

Facebook: https://www.facebook.com/JacaDrive

Instagram: @jacadrive

Webwerf: www.jacarandafm.com

 

WORLD LEISURE HOLIDAYS

Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays

Instagram: @worldleisureholidays

Webwerf: www.wlh.co.za

 

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *