Na wat alles die afgelope paar jaar gebeur het, en wat tans besig is om te gebeur, is dit duidelik dat ons almal op die oomblik ’n bietjie geluk, liefde en empatie nodig het. Dit is presies wat die sanger en liedjieskrywer, Grace de la Hunt se nuutste enkelsnit, SPREAD YOURLOVE, aan luisteraars bied.
Die wyse van hierdie vars goedvoel-snit, uit die pen van Zolani Mahola en Patric van Blerk, is gebaseer op ’n Kaap Verdes-lied wat oorspronklik deur Cesária Évora gesing is. Volgens van Blerk, was hulle doel eenvoudig: “Ons wou ’n positiewe en gelukkige boodskap die wêreld instuur.”
Vir Grace, maak die liedjie se ryk geskiedenis én die feit dat dit uniek en goed saamgestel is, dit baie spesiaal. “Dis vir my ’n groot voorreg om hierdie liedjie te sing,” sê sy. “Wat is dan nou beter as om ’n boodskap van hoop en liefde te versprei?”
Sy erken egter dat haar perfeksionisme haar soms pootjie. “Om seker te maak dat hierdie liedjie perfek uitdraai, het ek op my vriend, Sean Ross, staat gemaak om dit te vervaardig.”
Saam met die snit, is daar twee musiekvideo’s wat binnekort bekendgestel word. Die eerste een is ’n animasievideo wat ’n boodskap van hoop weergee in ’n wêreld wat ver van perfek af is, terwyl die tweede een wat op Vrydag, 30 Maart tussen 9h30 en 10h00 op Jacaranda FM se aanlyn-platforms vrygestel sal word, vir Grace baie meer persoonlik is.
SPREAD YOUR LOVE is die musikant se tweede enkelsnit. Haar eerste een, When I’m with You, in 2015 vrygestel in samewerking met Audio Engine. Dit was ’n treffer regoor die land en het vir Grace ’n plek in die plaaslike musiekbedryf gevestig. Dit het ook gelei tot ’n uitnodiging om vir Mariah Carey te open by Groenpunt-stadion in die Kaap.
Grace, wat ’n semi-finalis in South Africa’s Got Talent was in 2015, het bekendheid verwerf as ’n sanger en liedjieskrywer wat musiek met harte kan laat praat.
Dié agt-en-twintigjarige Kapenaar, wat kuns studeer het, vermaak al vir sowat ’n dekade gehore in restaurante met haar unieke stem en kitaarvernuf. Sy het ook vir ’n ruk lank in Parys gewerk en sodoende haar repertoire aansienlik uitgebrei oor die jare.
Alhoewel Grace maklik vir vyf ure lank haar weergawes van musiek uit verskeie genres kan deel, verkies sy om na natuurgeluide en klassieke musiek te luister wanneer sy tuis ontspan.
Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer, Caroline Polachek, is een van haar grootste rolmodelle. “Ek hou van die feit dat sy uniek is. Sy is ’n bewys dat pop nie net vir tieners is nie en dat uitsonderlike kunstenaars blywende loopbane kan hê.”
Grace werk tans as ’n fotograaf, redigeerder en sosialemedia-bestuurder wat nogal baie van haar tyd in beslag neem. Sy beplan egter om baie nuwe musiek te skryf in die komende jaar en heelwat meer optredes te doen.
SPREAD YOUR LOVE is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier:
Apple Music: https://music.apple.com/za/album/spread-your-love-single/1611626466
Spotify: https://open.spotify.com/artist/5gl1h8OHkqIgUrMzsPkmPA?si=yn2ZndXuQhe_x9hTYTT_ng
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/gracedelala
Instagram: @gracedelala
Twitter: @gracedelala
Webblad: https://gracedelahunt.com
YouTube: Grace de la Hunt
TikTok: @gracedelala