FRIKKIE VAN BILJON SE NUWE MUSIEKVIDEO VAN HUIS IS HIER!

HUIS, Frikkie van Biljon se nuutste enkelsnit is onlangs baie goed ontvang en word reeds deur van die land se grootste radiostasies gespeel en pronk op verskeie trefferlyste.

Nou word sy lirieke ook op die skerm verewig in die vorm van ’n treffende musiekvideo, wat jou net soos die liedjie, lank gaan bybly nadat jy dit vir die eerste keer sien.

HUIS se musiekvideo versinnebeeld die idee dat jou huis nie ’n plek is nie, maar ’n persoon of persone. Die jonggetroudes in die video leer ook daardie les wanneer hulle in hul nuwe huis intrek en dan die realiteite van die lewe in die gesig moet staar. Dis eers wanneer hulle besef dat hulle ’n vesting in mekaar vind dat hulle werklik tuis is. Die huis se nommer is 91 wat verwys na Psalm 91, wat verder ook die konsep van jou vesting verduidelik,” verklap Frikkie oor die idee agter dié besonderse video wat deur Zander de Beer van Winter Trail Pictures verfilm is.

Die video is gedeeltelik by die Atterbury Teater (met Lizelle le Roux op die viool) en deels by ‘n pragtige huis in Pretoria geskiet. 

“Wat dit anders maak is dat die kyker ’n stukkie van hulself in die video sal kan vind. Die storielyn is so geskryf dat dit eg voel,” sê hy.

Rikus Strauss en Blyde Smith speel die paartjie in die video, terwyl Gerduan Kemp die agter-die-skerms-video en Hendrik Odendaal die agter-die-skerms-fotografie behartig het.

Kyk die video hier:

HUIS, wat die sanger saam met Paul Venter en Jolanda Becker geskep het, is deur Jattie de Beer van Artistry Productions vervaardig en geïnspireer deur Paul wat besluit het om die land te verlaat.

Met hierdie lied wil Frikkie mense aanmoedig om nie moed op te gee wanneer daar struikelblokke oor hulle pad kom nie. Mense moet herinner word dat enige probleme uitgestryk kan word as jy net jou eie trots soms in jou sak druk,” sluit hy af.

Dié liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier https://FrikkieVanBiljon.lnk.to/Huis

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook – https://www.facebook.com/frikkievb

Instagram – @frikkievb

YouTube – https://www.youtube.com/channel/UC4C4-ABpKESdCRb3UVoVhtw

STARBURST PROMOTIONS

Krediet: Gerduan Kemp Photo & Film

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *