ELVIS BLUE en… SNOTKOP?

SOMER IS OM DIE DRAAI MET DIE MEES ONVERWAGSTE SAMEWERKING WAT BELOOF OM ’N MASSIEWE EN OPWINDENDE VERRASSING TE WEES

AL KLINK DIT ONWERKLIK, STEL ELVIS BLUE & SNOTKOP SAAM LANGPAD ALLEEN PAD BEKEND

Die tweetalige hartedief van Suid-Afrika, die SAMA-bekroonde Elvis Blue, het omtrent nou die bal aan die rol gekry deur ’n nuwe vlak van opwinding vir die somer wat net om die draai is te skep, met ‘n prettige en splinternuwe enkelsnit saam met…raai net wie? Niemand anders as die Afrikaanse pop-, klitsrym- en sokkiesensasie, Snotkop, homself nie! Korrek, die mees onverwagste samewerking van die jaar.

Nooit een wat toelaat om in ‘n voorspelbare boks geplaas te word en gebrandmerk te wees onder ’n spesifieke kategorie nie, stel Snotkop ons aan die ligter kant van die diep-siel Elvis Blue bekend met hierdie aangrypende vrystelling, Langpad Alleen Pad. Maak jouself maar gereed vir ‘n totale oorwurm met uitsluitlik net positiewe vibes, waar die opgewekte klavier en sielvolle saxofoon die twee unieke style van die Suid-Afrikaanse kunstenaars as een groot lekker saam gesmelt het.

Die musiekvideo van die liedjie neem hierdie perfekte resep vir die toppunt van lekkerkry nog ’n stap verder, so moenie verbaas wees as jy dalk twee keer moet kyk net om seker te maak jou oë bedrieg jou nie – aangesien die twee sangers daarin as heeltemal nuwe avatars te sien is. “Om die musiekvideo te skiet was super pret,” sê Snotkop, “Ons het soos wat die ander een gewoonlik lyk aangetrek en die hele dag op die stel gelag van begin tot einde.”

Elvis en Snotkop het elkeen hul eie massiewe, maar aparte aanhangers dat die samesmelting van sulke verskillende genres ondenkbaar was tot nou. So presies waar en wanneer het hierdie twee sterre saam gekonkel om ‘n sameswering oor hierdie projek te bespreek?

Elvis vertel: “Ek en Snotkop het deur die jare goeie vriende geword deur mekaar by verskillende konserte te sien. Niemand het ooit gedink ons sal saamwerk as gevolg van ons teenoorgestelde style nie – wel, nou het ons hul verkeerd bewys!”

Snotkop erken ook dat hy nog altyd wel saam met Elvis wou werk,  en verwys na hom as ‘n “moderne digter van die hedendaagse tyd”.

Met hierdie stapelgekke nuwe samewerking wat oor en oor herhaal gaan word soos jy jou pad betree na die somer en die feesseisoen, wil jy beslis nie uitmis om beide Elvis Blue en Snotkop op 28 Desember 2019 in lewende lywe te sien optree by die Afrikaans Is Groot Somerfees in Mosselbaai nie.

Langpad Alleen Pad is omtrent ‘n massiewe kontras en ’n half teenoor Elvis Blue se vorige enkelsnit, Beloofde Land, wat ‘n roerende, patriotiese ballade is. Albums wat deur die platinumverkoper en die veel-bekroonde wenner van verskeie SAMA’s, Ghoemas en Bokkie-toekennings beskikbaar is, sluit in Jou HuisStoriesDie BrugOpticsÊrens in die Middel van NêrensAfrikaans en meer. Hy is die trotse pa van 2 dogters en woon tussen George en Johannesburg.

Langpad Alleen Pad is reeds beskikbaar op alle groot digitale musiekplatforms.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *