Die vierde Proe’toria-Fees is om die draai – Bespreek nou jou kaartjies aanlyn

“Ek glo kos en kultuur is wat ons gemeenskap die beste bind en kan laat ontsnap uit die stres van die alledaagse lewe. Watter beter plek is daar dan ook nie om albei te geniet, as in die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine – saam met vriende, familie, lekker kos en goeie musiek- nie? Kom ontsnap saam vir ’n fantastiese dag in die stad,” sê Joe Foster oor die vierde jaarlikse PROE’TORIA-fees in Gauteng, waarvan hy een van die uitgesoekte sangers is wat gaan optree.  
 
Op 31 Augustus 2019 vier EPH Events die Lente met die grootste proe- en vermaakfees wat die land nóg gesien het. “Hierdie jaar beloof om die beste PROE’TORIA ooit te wees. Oudergewoonte sal daar meer as ’n honderd verskillende kos- en drankstalletjies wees, asook hope vermaak vir die kinders en topklas kunstenaars op die verhoog,” vertel EPH Group se Leon Pheiffer. 
 
Nie net kan feesgangers vanjaar uitsien na die beste kos-, lekkerny-, kuns-, jenewer-, kunsbier- en wynstalletjies nie, maar ook na die grootste name in die musiek- en kosbedryf op een verhoog, waaronder Dewald WasserfallRoan AshDemi Lee MooreCorleaTouch of ClassGeorgetown, Jemma, DeevahKarlien van Jaarsveld en vele meer! ’n Paar bekendes in kosmaakwêreld gaan ook hulle beste kosmaakgeheime met die publiek kom deel.
 
Om dinge nog meer interessant te maak, sal dié geleentheid ook met vier verskillende feesverhoë spog, naamlik:

  • Die Hoofverhoog;
  • Die Wyntuin met Emil Paul, Pierre Nel en 2nd Life School of Music se studente; 
  • Die Biertuin met WG Nel en Silver Creek Mountain Band; en
  • Die Kooktuin met deelnemers van Kokkedoor Seisoen 3.

Wynplase en uitstallers, van regoor die land, gaan deel wees van dié geleentheid en sluit verskaffers in soos Dors WaterThe Java HouseThe Pizza WagonFoodboyzHazeldean Brewing Co. en Lekker Spookasem, om maar net ’n paar te noem, en besoekers gaan vanjaar ook eers kan proe voordat hulle koop. 

“Hazeldean Brewing Co. gaan oor plaaslike kunsbier, soos wat dit ook deur ons handelsmerk uitgebeeld word. Daarom is ons vreeslik in ons noppies om deel te wees van ’n unieke Pretoriaanse geleentheid soos PROE’TORIA! Kom ondersteun plaaslike produkte en help ons om te bou aan ’n uitsonderlike kos-, drankie- en kunsgemeenskap in die Jakarandastad,” verklap dié kunsbiervervaardiger die rede hoekom hulle besluit het om ’n stalletjie by hierdie fees te neem.  

Feeshekke sal om 09:00 op die dag open en die vermaak sal tot 19:00 aanhou. Kaartjies is nou teen ’n afslagprys beskikbaar as jy vooraf aanlyn bespreek op https://tickets.tixsa.co.za/event/proe-toria-taste-toria. Toegang vir kinders onder agtien is gratis, studente met ’n geldige studentekaart kan ingaan vir R80, pensioenarisfooie is R100 per persoon en volwassenes (ouer as twaalf) sal slegs R150 per kaartjie betaal. Op die dag, sal kaartjies by die hekke teen R180 per volwassene verkoop.  

As jy ’n bietjie skouers met van die bekendes wil skuur, ouer is as agtien en ’n paar ekstra voordele wil geniet, is BBP-kaartjies ook aanlyn te koop teen R550 per persoon! 

Bankkaarte gaan ook vir veiligheid en gerief koning kraai tydens die fees, met behulp van Cashless King, en geen kontant sal by stalletjies aanvaar word nie. 

PROE’TORIA is beslis die lekkerste manier om ’n kuier saam met vriende en familie te kombineer met die beste kos, drank en vermaak in die land. So waarvoor wag jy, bespreek nou jou plek vir die uitstappie van die jaar. Jy sal nie spyt wees nie! 

Bly op hoogte van die nuutste nuus en verwikkelinge deur aan te sluit by die fees se events-blad: https://www.facebook.com/events/212777312952285/
 
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: Proe’toria Fees                                                
Instagram: proetoria_fees
Webblad: https://www.ephproductions.co.za/proe-toria
 
MEER INLIGTING
E-pos: info@proetoria.co.za
 
PUBLISITEIT & BEMARKING
Star Zoo Factory
Facebook: Star Zoo Factory
 
The Marketing Zoo
Marne du Plessis / Stefanie Nortier
Kantoor: 012 004 0642
E-pos: marne@marketingzoo.co.za / stefanie@marketingzoo.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *