Danny Smoke – Die storie agter die trilogie!

Die sensasionele Danny Smoke se #SuperVideo (die trilogie, Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf?, T-Shirt en Gaan Ons Inlê gekombineer) word op 20 Maart 2020 vrygestel, maar om aanhangers in die regte luim te kry en behoorlik daarna te laat uitsien het hierdie rocker van formaat besluit om vandag ‘n “agter die skerms” (EPK) video bekend te stel om aan aanhangers te vertel waar en hóé die idee agter die trilogie ontstaan het.
 
“Ons het in ‘n kar geklim. Ek het hierdie meisie, Danica Vandenheede ontmoet by ‘n gastehuis, ons ken mekaar glad nie, maar ry toe 1 300km na Mosambiek toe. Dit was incredible om dit so te doen, dokumentêre styl, een kamera, dit was nooit vals of aangeplak nie, kom ons gaan op vakansie en kyk hoe dit uit draai”, vertel Danny opgewonde in die “agter die skerms” video wat eksklusief op BokTV bekendgestel is.
 
In die video verduidelik dié Aitsa-bekroonde musikant wat duisende vroue se knieë lam maak aan kykers waar die idee vandaan gekom het om ‘n trilogie te vervaardig en hoe die drie liedjies in mekaar vloei en dit maak jou behoorlik lus om ‘n rooi sirkel om die datum, 20 Maart op jou kalender te trek om seker te maak jy mis nie die bekendstelling van die #SuperVideo nie!
 
“Dit was so natuurlik vir my, om hierdie roete te volg”, sê Danny.  “Ek hoop as mense die video kyk ervaar hulle daai gevoel wat hulle al in hulle lewens gehad het. Daai ding wat jy dink nooit sal gebeur nie maar dan het dit.”
 
Kyk die “agter die skerms video” hier:  https://umusic.box.com/s/j4mh6zus86biq07oj4lexnbwukfbsz46
 
Danny se album SWAELTJIES is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Kry hom hier:  https://INHOUDHUIS.lnk.to/Swaeltjies
 
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/dannysmokefull/
Twitter: @Danny_Smoke
Instagram: @dannysmokeking

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *