Een van Suid-Afrika se bekendste leierskapafrigters, Johan Beukes, bied op 16 Augustus 2022 (van 17:30 tot 20:30) ’n eksklusiewe aanlyn meestersklas aan, wat daarop fokus op persoonlike groei en leierskapsontwikkeling.
Gedurende hierdie drie-ure-sessie, genaamd INTRODUCTION TO ENNEAGRAM, sal Johan, wat meer as 23-jaar se ondervinding het in leierskapafrigting, deelnemers leer om die beste weergawes van hulleself te word deur die nege maniere waarop mense reageer te ondersoek, asook die redes daar agter. Hulle sal ook toegerus word met die nodige gereedskap om te help om positiewe veranderinge in hulle lewens teweeg te bring.
“Wanneer ons die Enneagram-ontleding gebruik, kan ons onsself beter verstaan en begin groei,”verduidelik hy. “Dit gee jou die gereedskap wat jy nodig het sodat jy weet ‘hoe’ om te verander. Dit is die wonderlike ding van Enneagram; dit wys jou hoe jy die beste weergawe van jouself kan wees.”
Boonop sal hierdie meesterklas ook deelnemers in staat stel om die nege verskillende leierskapparadigmas beter te verstaan en te identifiseer om sodoende hul eie leierskapvermoëns te verbeter op grond van hul Enneagram-persoonlikheidstipe.
“Wanneer hulle gevra word om hul leierskapstyl te beskryf, voel die meeste leiers verward. Dikwels is die antwoord baie eenvoudig en kan dit gebaseer wees op terugvoer wat hulle ontvang het. Ons leierskapstyl ontwikkel egter eintlik direk uit ons Enneagram-styl en is verbasend duidelik. Hieruit kan ons leer wat ons sterkpunte is en die geleentheid kry om te groei,” deel Beukes.
“Die Enneagram se leierskaptoepassing stel deelnemers in staat om die nege verskillende leierskapparadigmas en hul verwante leierskapsterktes en potensiële struikelblokke te verstaan. Daarbenewens kan dit ook gebruik word om baie spesifieke leierskapeienskappe te ontwikkel, van doelgerigte resultate tot strategiese beplanning, die bestuur van spanne wat presteer en meer.”
Johan is ’n kenner in sy veld en beskik oor ’n meestersgraad in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, asook ’n honneursgraad in Bedryfsielkunde van die Noordwes-Universiteit. Hy het sy MPhil aan die Universiteit van Johannesburg voltooi, gevolg deur sy doktorsgraad (PhD) in Opvoedkundige Sielkunde.
Hy is passievol daaroor om te inspireer en lewer gereeld praatjies oor leierskap, strategie, fasilitering, bedryfsielkunde, opvoeding en geloof. Hy rig ook verskeie uitvoerende hoofde en hoëprofiel-leiers af.
Ten spyte van sy besige skedule, dien hy op die raad van direkteure van Mergon, Nationbuilder en Echurch.
Dié drie-ure INTRODUCTION TO ENNEAGRAM-meestersklas kos R900 (assessering uitgesluit) per persoon. Vir meer inligting, besoek www.johanbeukes.com.
Daar is net ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar, so bespreek nou om teleurstelling te voorkom!
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook – https://www.facebook.com/jabeukes1/
Instagram – @jabeukes
LinkedIn – https://www.linkedin.com/in/dr-johan-beukes/
Webwerf – www.johanbeukes.com