Adam Kethro, die gevierde Suid-Afrikaanse logistieke kenner en besigheidsman, maak in September 2022 ook sy debuut as skrywer met ’n hoogs vermaaklike en opwindende roman, PLEASURES OF THE HARBOUR. Hierdie gedramatiseerde biografie vertel die storie van ’n jong man se deursettingsvermoë om sy drome en doelwitte te bereik.
Die boek bied ’n mengsel van avontuur en aksie, met baie onderduimse onderhandelinge en transaksies, soos wat die hoofkarakters die hooggetye van die see en agterstrate van die land moet trotseer, terwyl hy dit ook regkry om in dié proses ’n paar raadsaaldeure en slaapkamerdeure in die proses oop te maak.
Lesers word ingetrek in ’n wêreld van ambisie, gierigheid, sabotasie, omkopery, korrupsie en wraak in hierdie moet-lees-boek waarvan die titel geïnspireer is deur Phil Ochs se album.
Dit speel af aan die einde van die twintigste eeu in ’n sanksie-geteisterde Suid-Afrika en Adam Askew moet ’n hele paar skelm besigheidsvennote, bedenklike transaksies en liefdesteleurstellings oorleef om uiteindelik sy doelwitte te bereik.
Adam Askew is ’n jong man wat haastig is om te kry wat hy wil hê en om finansieel onafhanklik te wees. Toegerus met baie moed, deursettingsvermoë en selfversekerdheid, begin hy ’n verskepingsmaatskappy met die doel om die wêreld, een vrag op ’n slag, te verower.
Wanneer hy moeg raak vir Durban, neem hy ’n waaghalsige risiko – die grootste van sy lewe – wat hom kan maak of breek. Hy verruil die see vir Johannesburg se stadsliggies en voordat hy sy oë kan uitvee eet hy by die beste restaurante, drink hy die duurste vonkelwyn in Londen en maak hy baie vyande op pad boontoe.
PLEASURES OF THE HARBOUR word uitgegee deur Tracey McDonald Publishers en word op 1 September 2022 vrygestel.
Dit sal aanlyn en in alle goeie boekwinkels beskikbaar wees.
OOR DIE SKRYWER
Adam Kethro is in 1956 in Eshowe, KwaZulu-Natal, gebore. Hier het hy laerskool aan St. Helena Primary voltooi, waarna hy in 1973 by Durban Boys High School matrikuleer het. Hy het egter besluit om sy matriekjaar in 1974 te herhaal deur Damelin College. Na sy militêre diensplig, het Adam met behulp van ’n familiekennis ’n pos by ’n logistieke maatskappy losgeslaan.
Met geen formele naskoolse opleiding nie, het hy in 1980 sy eie vragmaatskappy, Bridge Shipping, begin. Hier het hy 25 jaar spandeer om die besigheid te groei tot die grootste vragmaatskappy in die land.
Onder Adam se leierskap, het dit gegroei en uitgebrei tot een van die grootste vervoermaatskappye in Suider Afrika, met meer as 750 werknemers toe hy in 2005 uitgetree het as uitvoerende voorsitter. Op daardie tydstip het hy 45 miljoenêrs agtergelaat, waarvan baie steeds by die maatskappy werk.
Deesdae is hy semi-afgetree en woon hy saam met sy vrou in Kaapstad, maar besit steeds vier diverse besighede, insluitend ’n oorbruggingsfinansierings- en rekenaarmaatskappy, ’n vragbergingsonderneming en ’n perde-opleidingsplaas in die KwaZulu-Natal Middelland, waarby hy aktief betrokke is.
Dié immergroen entrepreneur beoog om die helfte van sy tyd te spandeer deur te reis en die ander helfte om sy stokperdjies te beoefen, wat insluit om musiek, kuns, boeke en oorlogaandenkings te versamel.
Adam se leuse – ons is elkeen verantwoordelik vir ons eie lewenskwaliteit – is woorde waarvolgens hy sy hele lewe geleef het.
Indien jy Pleasures of the Harbour vooraf wil bestel kan jy op hierdie skakel kliek:
https://www.loot.co.za/product/pleasures-of-the-harbour/kdtr-7713-g700
VOLG HOM OP:
LinkedIn:
https://www.linkedin.com/in/adam-kethro-60528515a/?originalSubdomain=za
Foto Krediet: Devin Lester Photography