Die gewilde rockgroep, Wit Kasteel, wat bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt (hoofkitaarspeler), Reinard Kruger (baskitaarspeler en sanger) en Waldemar Behr (dromspeler), het in Junie 2020, hulle eerste enkelsnit, Toegewyd, vanaf hulle tweede album wat in November 2020 vrygestel word, bekendgestel. Die lied is baie goed deur radiostasies landswyd ontvang en pronk steeds op verskeie trefferparades. Nou volg die tweede enkelsnit vanaf dìe album, HERINNERING.
HERINNERING is deur die manne self geskryf en is vervaardig deur Hugo Ludik van Muse Studios. “Die liedjie gaan oor die verlore tyd tussen mense as gevolg van impulsiewe besluite en hoe hìerdie besluite ‘n groot impak kan maak in jou daaglikse lewe en dat jy die tyd wat jy met geliefdes het, moet waardeer,” vertel Reinard.
“Alhoewel dit ‘n baie diep, hartseer en betekenisvolle liedjie is, voel ‘n mens tog goed omdat dit so ‘n opgewekte ritme en melodie het – die kontras tussen die hartseer lirieke en vrolike wysie, maak dit vir ons baie spesiaal” voeg Waldemar by.
Dìe viermanskap van Pretoria, het nog baie planne en drome vir die toekoms, en sien veral uit na lewendige vertonings na die inperking, asook die vrystelling van hulle nuwe album. Hulle sal graag ook wil toer in Nederland.
Die groep bring ‘n baie unieke klank na die mark toe wat nog nie bestaan nie.“Klassieke rockmusiek is vir ons die lekkerste om te speel, omdat dit die beste stories vertel en ons wil graag die beste verhale met luisteraars deel,”sluit hulle af.
Wanneer jy HERINNERING hoor, gaan jy verseker die eerste een op die dansvloer wil wees!
Laai HERINNERING hier af: http://smarturl.it/luister-herinnering
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:https://www.facebook.com/WitKasteel/
Instagram: @witkasteel
Twitter: @witkasteel
Webblad:www.witkasteel.co.za
YouTube:https://www.youtube.com/user/witkasteel
Foto Krediet: NDW Photography
STARBURST PROMOTIONS