WIT KASTEEL – NOG EEN

HET JY OOK SOOS WIT KASTEEL ‘N VRIEND WAT ALTYD KANS SIEN VIR, NOG EEN?

Nie Covid-19 of die grendeltydperk kon in die pad van die gewilde Pretoria rockgroep, Wit Kasteel, staan om hulle doelwit te bereik nie. Hulle het seker gemaak dat hulle gedurende 2020 ‘n stewige vastrapplek in die musiekbedryf kry met die uitreiking van hulle splinternuwe album asook twee baie populêre enkelsnitte, Toegewyd en Herinnering.  Natuurlik was daar tydens die grendeltydperk, maar min geleenthede vir samesyn en lekker kuier, maar musiek het altyd ‘n manier om almal bymekaar te bring en daarom is hulle volgende enkelsnit, NOG EEN, perfek gepas vir hierdie tyd waarin ons onsself nou bevind.

NOG EEN is ‘n lekker voelgoed, kuier-liedjie, wat gebasseer is op die bekende woorde van daaí een vriend wat altyd kans sien vir nog een“Met die onsekerheid oor die toeganklikheid na die eenvoudige vermaak, kuier en plesier gedurende inperking, het ons selde geleentheid gevind om saam te kan ontspan en iets te neem vir die gemoed. Maar wanneer die geleentheid sy opwagting gemaak het, het ons die meeste daarvan gemaak. Ons hoop dit word ‘n Afrikaanse tema-lied vir ‘n lekker kuier, hetsy braai of ‘n aand uit saam met jou vriende”, vertel Reinard Kruger, baskitaarspeler vir die groep.

Die vier manne van Wit Kasteel het self die lied geskryf, in samewerking met Hugo Ludik (ADAM/Muse Studios), asook Nick Jordaan (Rubber Duc). Die liedjie is vervaardig deur Hugo Ludik en Amiel Gopal van Muse Studios.

Wit Kasteel het ook ‘n vrolike lirieke musiekvideo gemaak. Kyk die video hier: https://youtu.be/DieB6WMQEBw

Die groep bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt (hoofkitaarspeler), Reinard Kruger (baskitaarspeler en sanger) en Waldemar Behr (dromspeler).

Wit Kasteel met hulle unieke klank is gereed en baie opgewonde om landswye vertonings te hou, noudat die inperking effens gelig is en wat is beter as om dit af te skop met NOG EEN!

Julle maak behoorlik ’n stewige vastrapplek in die musiekbedryf. Waaroor gaan julle nuwe enkelsnit “NOG EEN”?

“Nog Een” se teme handel oor die spontane kuiers saam met geliefdes en die ou “on-wyse” woorde wat die kuier aan die gang hou, namens die snit title – NOG EEN…

Hoe het julle op die lied se naam besluit?

Ons het saam Hugo Ludik by Muse-studio’s gesit en n paar verversings geniet en iets gebraai.

Ons het saam besluit dat ons n “Brannewyn Kreet” moet skryf n lekker party song. Ons almal het daai een vriend wat net nie einde het nie wat altyd sê Nog Een toe man!

Jy weet mos as n mens n lekker kuier aand het, vergeet jy van alles, en wil jy net kuier en is te bang die aand raak vinnig verby… So, Sodra iemand lyk of hy wil huis toe gaan dan sê jy… Kom… “Nog Een” 😜

Wat was julle inspirasie vir “NOG EEN”?

“Nog Een” se insperasie kom uit die lus vir ‘n lekker kuier saam met jou geliefdes of vriende. Daar is altyd daai een pel wat aan die einde van die aand se “Nog Een”.

Hoekom sal julle sê dit is so toepassend in vandag se lewe?

Met die onsekerheid oor die toeganklikheid na die eenvoudige vermaak, kuier en plesier gedurende inperking, het ons selde geleentheid gevind om saam te kan ontspan en iets te neem vir die gemoed. Maar wanneer die geleentheid sy opwagting gemaak het, het ons die meeste daarvan gemaak. Ons hoop dit word ‘n Afrikaanse tema-lied vir ‘n lekker kuier, hetsy braai of ‘n aand uit saam met jou vriende.

Hoe lank het dit julle gevat om die lied te skryf?

Ons was die middag besig om rond te speel met idees saam met Hugo Ludik van Muse Studio vir ‘n “Feel Good” lied. Kort voor lank het dinge in plek geval en voor die middag uit was het ons ‘n melodie gehad wat ons nie uit ons koppe kon kry nie.

Wat se boodskap hoop julle sal mense kry nadat hulle julle nuwe enkelsnit gehoor het?

Om bietjie te vergeet van wat in 2020 gebeur het, vergeet van die moeilike jaar agter die blad en bietjie meer in die oomblik leef, saam mense en familie kwaliteid tyd spandeer, saam kuier en die liedjie sing met natuurlik iets sterk 😉

Is daar nog unieke projekte of tans enkelsnitte wat ons van Wit Kasteel kan verwag in 2021?

Ons is huidiglik besig met ‘n baie opwindende projek.(Intiem met Wit Kasteel) en moedig almal aan om ons sosiale media dop te hou vir die nuutste verwikkelinge.

Het julle enige woorde van hoop wat julle graag met ons wil deel?

Droom altyd groot en byt vas maak nie saak hoe moeilik dinge raak nie dit is altyd die moeite werd en die belangrikste is om tegewyd te bly aan jouself.

NOG EEN is beskikbaar op hulle album Toegewyd. Laai dit hier af:

 https://smarturl.it/Toegewyd-DieAlbum

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook:https://www.facebook.com/WitKasteel/

Instagram: @witkasteel

Twitter: @witkasteel

Webblad:www.witkasteel.co.za

YouTube:https://www.youtube.com/user/witkasteel

PUBLISITEIT EN BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *