Sincerely Anne, se nuutste enkelsnit, TRANSCEND, wat daaroor gaan struikelblokke te oorkom – in watter vorm dit ookal mag wees – en jouself toe te laat om te groei ten spyte daarvan is op 2 September 2020 aan radiostasies landswyd uitgereik. Met hierdie lied deel sy ‘n kragtige boodskap met die publiek daarbuite.
Die besonderse musiekvideo vir die enkelsnit, wat haar strelende sterk stem pragtig ten toon stel, is pas vrygestel en 99% van die beeldmateriaal is onder water verfilm. Dit sluit aan by die liedjie se boodskap om uit te styg bo die probleme van die lewe wat jou wil verdrink en sterker anderkant uit te kom.
“Die video vertel die storie van ’n meisie wat letterlik en figuurlik onder die water beland, waar sy moet leer om die lewe se struikelblokke te hanteer. Hierdie proses maak die veglus binne haar wakker. Sy leer nie net om die mooi in haar situasie raak te sien nie, maar ook om krag van binne te kry. Soos wat sy leer om die krisisse op haar pad te aanvaar, word sy sterk genoeg om die volgende storm te hanteer.”
Kyk die video hier: https://youtu.be/hbyp0LSQiJg
Anne se idee vir die video, het lewe gekry by Sean en Ilse Moore se ateljee in Johannesburg. “Soos wat ons besig was met beplanning, het hulle met wonderlike idees vorendag gekom en dit was vreeslik lekker om saam met hulle te werk!” Die video was ook vir die sangeres ’n persoonlike uitdaging. “Ek is nie baie sterk in die water nie en dit maak my bang. Dit was ’n vrees wat ek ook graag wou oorkom.”
Sy beskryf, TRANSCEND, as ‘n monoloog wat eintlik ‘n bemoedigende boodskap aan jou vanaf jouself is en die inspirasie vir hierdie nuwe vrystelling van haar kom weereens uit haar eie ervaring en emosies. Alhoewel die liedjie eintlik ’n boodskap aan haarself is, is dit ook een waarby almal sal aanklank vind.
Anne woon tans in Johannesburg en het oor die jare al baie loopbaanhoogtepunte bereik en die verhoog gedeel met van die grootste name in die musiekbedryf.
Haar persoonlike probleme, het haar gemotiveer om haar hart te volg en met passie te leef terwyl sy nog kans het om dit te doen.
“Terwyl ons nog asem in ons longe oorhet, kan ons ’n verskil maak” – Sincerely Anne
Die liedjie is op alle digitale platforms hier beskikbaar:
Apple music: https://music.apple.com/za/album/transcend/1529609964?i=1529609965&uo=4&app=music&at=1000lHKX
Itunes: https://music.apple.com/za/album/transcend/1529609964?i=1529609965&uo=4&app=itunes&at=1000lHKX
SMART URL op alle platforms: https://song.link/za/i/1529609965
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/sincerelyanne1/
Instagram: https://www.instagram.com/sincerelyanne._.music
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCe1GNnmaC_wYr56AX_RIi-g
PUBLISITEIT & BEMARKING
STARBURST PROMOSIES
FOTO KREDIET: Ilse Moore Photography