Positiewe denke is ’n kragtige instrument wat ons kan bemagtig en help om uitdagings te oorkom. Alhoewel baie ouers bewus is van die krag en voordele wat in positiewe denke lê, het kinders ook soms dieselfde motivering in hulle lewens nodig. Hierdie besef het ’n plaaslike ma geïnspireer om ’n boek te skryf om kinders te help om hulle innerlike superheld te ontdek.
“Elke kind, ongeag van sy geslag of ras, gaan homself soms in situasies bevind wat sy selfvertroue en moed uitdaag,” sê die skrywer, Zinhle T. Matthews. “Sal dit nie wonderlik wees as ons kinders kan toerus met ’n onfeilbare tegniek waarmee hulle vir die res van hulle lewens hierdie omstandighede kan hanteer nie? ’n Kragtige mantra wat hulle kan laat uitstyg bo twyfel en vrees en hulle in ’n posisie plaas waarin hulle ten volle in staat is om die wêreld aan te vat – en te wen!”
Haar pragtige boek met volkleur illustrasies, MY FAMILY OF SUPERHEROES, fokus op hoe positiewe frases kinders kan help om hulle innerlike krag en potensiaal te ontdek. Dit vertel die verhaal van Precious wat, met die hulp van haar ma, positiewe denke gebruik om onsekerheid en twyfel te oorkom.
Hierdie ma van twee sê dat sy altyd geweet het dat dit deel van haar lewensdoel is om die volgende generasie te inspireer. As ’n suksesvolle geoktrooieerde rekenmeester, het sy aangeneem dat sy ’n impak sou maak deur terug te keer na haar tuisdorp en die jeug met haar akademiese prestasies te inspireer. Maar sy het besef dat God ander planne het. “Dit was groter as net ek, want dit gaan oor elkeen van ons se innerlike krag. Ons het almal die vermoë om hierdie krag te gebruik om heel te word en die onmoontlike te bereik. Dit is wat my geïnspireer het om MY FAMILY OF SUPERHEROES te skryf,” sê sy.
Die boek word amptelik op 24 Mei bekendgestel saam met ’n spesiale verrassing deur die sanger, Mmatema. Zinhle het verder ook spesiale superheld-mantels ontwerp, met van die positiewe aanhalings uit die boek op, om jong lesers te help om soos die helde te lyk wat hulle is.
Zinhle woon in Midrand saam met haar man en twee kinders. Sy het in Bethal grootgeword en het as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer deur die Vereniging van Gesertifiseerde Geoktrooieerde Rekenmeesters, nadat sy haar honneursgraad in BCom Rekeningkunde behaal het.
Omdat sy gevoel het dat sy nie besig was om haar volle potensiaal te gebruik nie, het sy in 2019 begin selfondersoek doen om uit te vind wat haar lewensdoel is. Die resultaat is haar debuut-kinderboek, MY FAMILY OF SUPERHEROES, wat sy glo sal aanklank vind by ouers en kinders uit elke been van die samelewing.
Die boek sal beskikbaar wees in uitgesoekte winkels of aanlyn by https://www.amazon.com/My-family-superheroes-ordinary-discovering-ebook/dp/B08XY4R9CD
SOSIALEMEDIA:
ZINHLE T. MATTHEWS
Facebook: https://www.facebook.com/zinhle.matthews
Instagram: @zinhlematthews
Twitter: @ZinhleThola
MY FAMILY OF SUPERHEROES
Facebook: https://www.facebook.com/zinhle.superheroes
Instagram: @myfamilyofsuperheroes
Twitter: @myfamilyofsuperheroes
FOTO KREDIET: Brendan Croft