Posduif se nuwe musiekvideo praat met die hart!    

“Hierdie video is besonders, omdat dit nie die gewone video is wat die groep se storie vertel nie. Dit wys die lewe deur die oë van ’n kind en sal jou herinner dat daar soveel is om voor dankbaar te wees, asook wat regtig belangrik is”.
 
Nie eers die afsonderingstydperk kon die dinamiese groep, POSDUIF, keer om ’n unieke en hoendervleismooi musiekvideo van hulle nuutste treffer – HERINNER MY – te maak nie en hulle is baie opgewonde om dit met aanhangers en die hele Suid-Afrika te deel.

HERINNER MY, wat deur Brendan Campbell vervaardig en deur Hugo Ludik van Muse Studios gemeng is, is geïnspireer deur hoofsanger – James Boland – se suster se dood. Dit is ’n hartroerende, goedvoelsnit wat daaroor gaan om dankbaar te wees vir diegene wat nog by jou is, om die mense te onthou wat nie meer hier is nie en die tye te koester wat jy wel saam met hulle gehad het.
 
“Hierdie video is besonders, omdat dit nie die gewone video is wat die groep se storie vertel nie. Dit wys die lewe deur die oë van ’n kind en sal jou herinner dat daar soveel is om voor dankbaar te wees, asook wat regtig belangrik is,” verklap die groep. “Ons kon natuurlik nie uitgaan om ’n video te skiet gedurende grendeltyd nie, maar ons regisseur en vervaardiger – Kyle White – en sy vrou het die mooiste baba en hy het kosbare beeldmateriaal van haar lewe sover. Aangesien die liedjie oor dankbaarheid gaan, het ons gedink dat dié konsep ons boodskap mooi sou oordra. Ons verskyn wel in die familiefoto’s aan die einde, wat net verder beklemtoon dat hierdie liedjie elkeen se storie verteenwoordig wat daarna luister.”

Dié enkelsnit was ’n kitstreffer, is onmiddellik deur radiostasies, regoor die land, opgeraap en pryk reeds op verskeie stasies se trefferparades.
 
“POSDUIF maak musiek waarby mense aanklank vind. Dit is inspirerende lekkerluister-musiek wat ons almal in hierdie tye nodig het,” sê Kyle, wat al vir nege jaar in die musiekvideobedryf werk en al saam met name soos Juan Boucher, Master KG, Casper Nyovest en vele meer gewerk het. “Omdat HERINNER MY gaan oor goeie tye saam met mense vir jy omgee, het ons besluit om bestaande beeldmateriaal van my dogtertjie, Harper, se lewe te gebruik. Ek voel baie bevoorreg dat ek my eie herinneringe so met die publiek kan deel. Familie is my eerste prioriteit en die rede vir my bestaan. Ek dink Harper sal eendag terugkyk en hierdie baie geniet.”

Al POSDUIF se musiekvideo’s is nog sover deur Kyle gemaak en dit is vir hulle ’n groot voorreg om saam met hom te werk. “Kyle is baie talentvol en ons is dankbaar dat hy bereid was om hierdie beeldmateriaal aan ons beskikbaar te stel. Hy werk altyd baie hard aan ons musiekvideo’s om die beste moontlike resultaat te bereik.” 
 
Kyk die video hier: https://youtu.be/AMTN0-2ckE8
 
HERINNER MY is die groep se vierdie enkelsnitvrystelling en volg kort op die hakke van Laat Val Die Water wat uitstekend ontvang is en vir weke lank bo-aan verskeie treffersparades gepronk het. Die musiekvideo kan ook steeds gereeld op verskeie TV-kanale gesien word. 
 
POSDUIF is in 2018 gestig en het die musiekbedryf betree met die enkelsnit en musiekvideo, Brandy Special, wat reeds deur meer as 300 000 mense gesien is, gevolg deur hulle tweede enkelsnit en musiekvideo, Een Vir My, wat net so goed ontvang is. Die ensemble is ook reeds deur Bok Radio genomineer as Groep van die Jaar en Laat Val Die Water was genomineer vir Liedjie van die Jaar.
 
Die groep bestaan grotendeels uit lede van die gewilde musiekgroep RUBBER DUC – Jordaan, Amiel Gopal (baskitaarspeler), Kabyee Sax (saksofoonspeler), Leeroy Sauls (dromspeler) en Brendan Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler), met die toevoeging van Boland as voorsanger.
 
Alhoewel Covid-19 dinge effens kom deurmekaar krap het, kon hulle nog ’n paar nuwe liedjies voltooi en hoop die sesmanskap om later vanjaar hulle debuut-album vry te stel.
 
HERINNER MY is ’n hartroerende verwerking, met ’n lekkerluister-wysie en betekenisvolle lirieke, wat vir luisteraars lank sal bybly nadat hulle dit vir die eerste keer gehoor het.
 
“Ek dink elkeen van ons sit met herinneringe wat jou ’n lekker warm gevoel in jou binneste gee. Dit is ook wat kykers in hierdie video gaan ervaar en daarom sal almal dit geniet. Spesiale tye saam met geliefdes, is immers waaroor die lewe gaan,” meen Kyle. “POSDUIF het nog baie musiek om met die wêreld te deel. Dit maak my baie opgewonde en ek wens hulle alle sukses toe vir die toekoms.” 

Ek het die groep so paar vrae gevra om hulle “journey” beter te leer ken:

RUAN: Posduif is een van Suid Afrika se gunsteling moderne multikulturele musiekgroepe. Hoe het julle op die naam ‘Posduif’ afgekom?
 
POSDUIF: 5 of the guys in the group are in the English band called Rubber Duc, we liked the idea of staying with the bird theme. A friend of ours jokingly said Posduif. Immediately it hooked us. The band had a name!
 
RUAN: Hoelank is julle al saam as ’n groep en wat het julle laat besluit om sulke goeie musiek te begin maak?
 
POSDUIF: About 2 years. James Boland was a very good friend of ours and occasionally performed a song or two with us when we visited the Western Cape at various shows. One night, a few whiskeys in, we decided to write an Afrikaans song. We really enjoyed the process and thought the song was really nice, so we decided to start an Afrikaans band called Posduif.
 
RUAN: Julle nuwe enkelsnit Herinner My is op die oomblik my gunsteling lied. Wat was die inspirasie vir die lied?
 
POSDUIF: Herinner My carries so much meaning to each of us in the band. I guess we all have important people we walk the path of life with, whether it be family, friends or our partners. The song is just a reminder that we should appreciate each moment we have with each relationship that holds value in our lives.
 
RUAN: Wat is die boodskap wat julle graag wil he almal uit die lied moet kry?
 
POSDUIF: It might sound very cliché, but life is short. With what’s going currently globally, we should all appreciate what we have and be grateful for those we love.
 
RUAN: Met die wereld in ‘lockdown’ op die oomblik wat sal julle se verander dit hoe mense vandag na musiek luister?
 
POSDUIF: Personally I’m not sure if it’s a good or bad thing for music. Radio listenership has definitely dropped. More people are at home watching Netflix or binge watching series on the couch. However, artists are trying to reach their

audiences via lives streams and several other innovative ways. I think we will see the true affects of the lockdown for music in the months to come.
 
RUAN: Doen julle enige live konserte op enige van julle sosiale platforms waar julle fans julle kan sien “Herinner my” optree?
 
POSDUIF: As soon as lockdown rules are less strict and James can travel from the Cape to Gauteng we will most definitely surprise fans with a great online concert!
 
RUAN: Op watse sosiale platforms is julle die meeste aktief waar ons julle graag kan ondersteun?
 
POSDUIF: We are definitely most active on Facebook & Instagram 🙂
 
RUAN: Laaste – het julle enige advies vir jong kunstenaars in Suid Afrika wat graag in julle voetspore wil volg?
 
POSDUIF: In my honest opinion, make sure you require skills to enable you to fall back on something if music doesn’t work out for you. Study something outside of music that will enable you to build you music career with a business mindset. Like anything, it’s not easy. It takes time and dedication. Surround yourself with the right people in the industry and make sure that you put music out that is of industry standard. Work hard.

Photo Credit: NDW Photography
 
SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook:  https://www.facebook.com/PosduifLive/
Instagram: @posduif_live
Twitter: @Posduiflive
Webblad: https://posduif.live/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *