Plaaslike en internasionale kunstenaars het kragte saamgespan om ’n aanlynkonsert te reël ten bate van die VOICE OF THE SPEECHLESS (VOS)-projek, wat deel is van die Brain Child Fund (BCF)-organisasie. Hierdie konsert, wat ’n lewe saam met mense met spesiale behoeftes – wat VOS en BCF ondersteun – vier, sal plaasvind op Sondag, 13 Desember 2020 om 20h00 SAST en 1NM EDT. Kaartjies is NOU beskikbaar teen slegs R75 op https://go.raindust.co/vos
Die opwindende nuus is dat die bekende akteurs/rolprentvervaardigers, Anel en James Alexander, hierdie pragtige konsert gaan aanbied, al die pad van hulle huis af in Hollywood waar hulle tans woon! Kunstenaars soos Rubber Duc, Nathan Smith, Ziya, Christiaan Baartman, Sincerely Anne, Petronel Baard, Brad en Nicole (van die VSA) en Stefan Jansen het hulle tyd, spesiale liedjies en talent gegee om hierdie saak te ondersteun. Dit is beslis nie ’n konsert om mis te loop nie!
Vroeër vanjaar het Ziya – ’n Suid-Afrikaanse musikant, komponis, liedjieskrywer en mede-stigterslid van die Brain Child Fund wat in tans in Philadelphia in die VSA woon saam met haar man, Hannes, en hulle vier kinders – ’n insigewende gesprek gehad met ’n ma wat deel is van die Brain Child Fund-netwerk. “Ek het gevra hoe dit met hulle gaan gedurende grendeltyd. Sy het geantwoord dat dit nie verskil van hulle normale, alledaagse omstandighede nie. Hulle seun het ’n verswakte immuunstelsel, wat beteken dat hulle nêrens heen kan gaan nie,” verduidelik die musikant, wat self drie kinders met spesiale behoeftes het. Dit is toe wat die lirieke van die hartroerende liedjie – LONELY TOGETHER – wat tydens grendeltyd aan radiostasies regoor die wêreld vrygestel is, begin vorm aanneem het.
Kyk die video hier: https://youtu.be/64xwEiSEE9M
LONELY TOGETHER vorm deel van Voice of the Speechless-projek, wat die sangeres se passie vir musiek en mense met spesiale behoeftes kombineer.
“VOS is ’n sosialebewusmakingsveldtog wat van opvoedkundige vermaak gebruik maak om bewusmaking te skep oor mense met spesiale behoeftes, deur gebruik te maak van musiek en video’s,” verduidelik Ziya. Die projek is regtig die eerste van sy soort – die geluide wat gestremde kinders maak en hulle omgewing word opgeneem en so word hulle stories in liedjies en musiekvideo’s vasgevang. Die doel is om vir die publiek insae te gee in die wêreld van diegene wat nie vir hulleself kan praat nie. Kinders uit verskillende agtergronde en lande is hiervoor gebruik.
Die Brain Child Fund (BCF) is ’n organisasie wat fokus op mense met spesiale behoeftes. Hulle ondersteun die gesinne van gestremde mense deur hulle toe te rus met:
HOOP vir die toekoms
WAARHEID vir die hede
ONDERSTEUNING vir die pad vorentoe
Hulle fokus hul energie daarop om gesinne met spesiale behoeftes op te voed en te ondersteun, asook om die publiek bewus te maak van die menslikheid en uniekheid van individue met spesiale behoeftes deur middel van sport en kultuur. Die VOS-aanlynliefdadigheidskonsert is ’n projek om hierdie doelwit te ondersteun.
Die konsert is vervaardig deur VOS, Starburst Promotions en Fathom Media.
Koop ’n kaartjie om hierdie inisiatief te ondersteun of besoek www.voiceofthespeechless.org om ’n skenking te maak.
“Die dag sal kom waarop mense met gestremdhede nie net aanvaar sal word nie, maar ook gevier sal word. Ons wil daardie dag met jou deel.” – Jana Viljoen aka Ziya
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/vosmovement/
Instagram: @vos_movement
Webblad: www.voiceofthespeechless.org
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UClFBPJa3tIhl1p6-TfIPJFw?view_as=subscriber
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies