MORNÉ se splinternuwe enkelsnit, VANDAG, is vandeesweek uitgereik en spog reeds met positiewe terugvoer vanaf verskeie radiostasies in die land.
Kort na sy enkelsnit-vrystelling bederf hy nou sy luisteraars en volgelinge met ‘n pragtige musiekvideo, wat verfilm is in Dullstroom deur Wian van der Walt.
Kyk die musiekvideo hier: https://youtu.be/vm4UJd591to
Hierdie video is gedeeltelik geskiet in Dunkeld Country & Equestrian Estate se woud, waar MORNÉ en sy vrou getrou het, asook op die plaas in Dullstroom waar sy vrou se Oupa tans boer. Die plaas het die mooiste vlaktes en koppies, presies soos wat hy dit voorgestel het.
“Ek wou graag die video skiet op n plek wat vir my iets beteken en Dullstroom is na aan ons harte. Ek glo die woorde van die liedjie spreek vanself en het gevoel ek wil ’n ‘performance’ video doen eerder as ’n storie,” vertel hy.
Hierdie lekkerluister en motiverende Afrikaanse popsnit, uit die pen van Vaughan Gardiner, lê die kunstenaar na aan die hart omdat hy self onlangs besluit het om ’n kans te waag en sy eie droom na te jaag.
Hierdie positiewe en opgeruimde kunstenaar glo daarin om jou drome dadelik na te jaag en nie te wag vir ‘n beter dag nie. Hierdie boodskap word perfek uitgebeeld in sy musiekvideo.
“VANDAG” is jou nuwe lekkerluister en motiverende popsnit, wat was jou inspirasie vir die enkelsnit?
’n Mens is altyd so bang om ’n kans te waag en uit mens se gemakzone te beweeg. Die lied gaan juis oor my wat my eie drome wil bereik en n kans waag en nie te wag tot eendag nie, maar vandag die goeie te sien en te besef elke dag is net geleende tyd. Geniet die lewe nou en sien die goeie dinge raak veral in die tyd wat ons nou in leef.
Hoe voel dit om jou drome deur jou musiek te beleef?
Dit voel nog soos n droom maar tog nog die begin van n nuwe hoofdstuk in my lewe. Ek is baie opgewonde oor die jaar.
Wie sou jy sê was jou motivering om die stap te vat en jou drome deur musiek te beleef?
Familie en vriende het my nog altyd gevra wanneer doen ek iets met my musiek want hul weet dit is nog altyd droom van my. Ek was net moet om te se ek gaan dit doen en dan as ek weer sien is dit n jaar later. Ons het laar jaar n dogterjie ryker geword en dit het my laat dink hoe kan ek vir haar eendag se jaag jou droom na as ek dit nie self doen nie.
Wat is die boodskap agter “VANDAG” wat jy graag wil hê mense daaruit moet kry?
Geniet elke dag en maak die beste van elke dag en onthou more is nie belowe nie. Vat kanse in die lewe en as jy val probeer weer.
Hoe was dit gewees om die musiek video te maak?
Dit was so lekker om die video te skiet in n plek wat vir my n groot dag in my lewe hou. Dit het so onwerklik gevoel en so trots op my self dat ek n kans gewaag het.
Wat was jou inspirasie agter jou musiek video?
Dit is n “performance video” waar ons speel in die woud en ek wil he mense moet sien hoe ek dit geniet om musiek te maak en die pasie.
Wat was van jou hoogte punte om “VANDAG” te skryf en die musiek video te film?
Die liedjie is geskryf deur Vaughan Gardiner, dit was so lekker om die lied vir die eerste keer te hoor en hoe hy dit so raak gevat het met wat ek droom in my lewe.
Wat kan ons nog verwag van “MORNE” in 2021?
Ek is tans Besig met die skryf proses van my tweede enkelsnit.
Het jy enige woorde van inspirasie vir jong musikante wat graag in jou voetspore wil volg?Vat n kans in die lewe en moet nie jou droom verloor nie. Die lewe raak so besig dat jy vergeet wie en wat jy is. “Give it all you’ve got”
SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/mornemusiek/
Instagram: @mornezee
Twitter: @mornezee
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies