Die wag is uiteindelik verby! Boondogle Films se langverwagte kaalnael-komedie, KAALGAT KAREL, is vanaf hierdie Vrydag (24 September) in plaaslike bioskope te sien en kaartjies is nou beskikbaar!
Bespreek nou om teleurstelling te voorkom:
Ster-Kinekor-besprekings: https://www.sterkinekor.com/details/HO00002123/kaalgat-karel
NuMetro-besprekings: https://numetro.co.za/movie/5757/
KAALGAT KAREL vertel die storie van Karel Venter (Francois Jacobs), ’n dertigjarige kaalnaeler, wat die opwinding en aandag wat hy by sportgeleenthede kry geniet! Hy raak halsoorkop verlief op die paramedikus en enkelma, Rita (Christia Visser) wat hom behandel nadat ’n kaalnaelsessie skeefloop, maar dit is duidelik dat sy glad nie belangstel in sy bedrywighede nie.
Hierdie skreeusnaakse Afrikaanse rolprent, met Engelse onderskrifte, het reeds wêreldwyd presteer en toekennings by verskeie internasionale rolprentfeeste ingepalm, waaronder Beste Speelfilm, Beste Romantiese Komedie, Beste Vervaardigde Rolprentdraaiboek en Beste Internasionale Produksie.
“Dit was baie frustrerend om KAALGAT KAREL se vrystelling twee keer uit te stel. Meer die tydsberekening is nou perfek,” sê regisseur Meg Rickards, wat die film geskryf en vervaardig het saam met haar man, Paul Egan. Ons dink ’n prettige fliek is net wat almal nodig het na die hartseer en verlies van die afgelope agtien maande en is opgewonde om dit met Suid-Afrikaners te deel.”
Buiten vir die opgewekte temalied, Altyd Op Vakansie, deur Jack Parow en Loki Rothman, spog die fliek ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, waaronder Siv Ngesi, Tracey-Lee Oliver, Rosebelle Clasen, Eden Classens en die gewilde komediant, Schalk Bezuidenhout.
KAALGAT KAREL is die perfekte manier om Erfenisnaweek mee af te skop. Moet dit nie misloop nie!
Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en is vervaardig in samewerking met kykNET, die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie (OKOK), die –Kaapse provinsiale kuns-en-kultuurraad (ECPACC), Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en handelsmerkvennote Galito’s, Red Alert en die Hathaway-gastehuisgroep.
Kyk die lokprent hier:
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/KaalgatKarel
Instagram: @kaalgatkarel
Twitter: @kaalgatkarel
Hutsmerk: #KaalgatKarelFilm
PUBLISITEIT EN BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES