Henrico Coetzer stel Hoor my Woorde digitaal vry!

Die sewe-en-twintigjarige sanger van Pretoria met sy unieke fluweelstem,Henrico Coetzer, was op almal se lippe met sy besonderse stem tydens die tweede seisoen van die kykNET-talentkompetisie, Maak My Famous…  Henrico was een van die top 8-finaliste en kykers was redelik ontstoke toe hy die kompetisie verlaat.  Maar hy het seker gemaak dat hy sy kollig behou en kort daarna het sy splinternuwe enkelsnit, HOOR MY WOORDE, die lig gesien.

Die goeie nuus is dat dié enkelsnit nou ook op alle digitale platforms beskikbaar is en om dit te vier stel Henrico ook vandag die musiekvideo bekend.

Kyk die video hier:

https://www.youtube.com/watch?v=J0UbIh1Viwo

Laai die enkelsnit nou hier af: https://AIG.lnk.to/HoorMyWoordeMB

Die musiekvideo is deur Deon van Wyk vervaardig en hy en Henrico het saam aan die konsep gewerk en geskaaf.  “Ons het die video in ‘n studio in Centurion geskiet.  Dit het so vier ure geneem.  Ons het die video eenvoudig gehou want die lied sê klaar so baie en ons wou nie die aandag aftrek van die ongelooflike mooi lirieke wat Vaughan Gardiner geskryf het nie.  Ek dink die video is anders want dit is eenvoudig.  Dit het nie ‘n storielyn nie want die lied bly die storielyn”, vertel Henrico.

HOOR MY WOORDE is ’n pragtige popverwerking, met ’n ritmiese aanslag, waarmee die sanger graag vir die land wil wys wie hy is en dat hy vuur en vlam is oor die toekoms.  Die snit se meesleurende wysie is nie net strelend op die oor nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

HOOR MY WOORDE, wat reeds op die trefferparades van talle radiostasies pryk is sy derde enkelsnit en volg in die suksesvolle voetspore van sy vorige treffer, Soos Reën, wat ook bo-aan verskeie radiostasies se trefferparades gepronk het.

Henrico is verseker besig om vir hom ’n permanente plek te vestig in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf en met HOOR MY WOORDE trap hy diep spore in die harte van luisteraars en aanhangers landswyd.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook:  https://www.facebook.com/HenricoCoetzerOfficial

Instagram: @henrico_coetzer_official

Twitter: @Henrico_Coetzer

FOTO KREDIET: DEON VAN WYK

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *