GRETA OPEN IN PLAASLIKE FLIEKTEATERS HIERDIE VRYDAG, 5 JULIE 2019

Die kontemporêre sielkundige riller, GRETA, deur die Oscar-bekroonde regisseur, Neil Jordan open hierdie Vrydag, 5 Julie 2019 by plaaslike bioskope en word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=jwSr1KnGPTo

Dié fliek, waarvan die draaiboek geskep is met die hulp van Ray Wright, vertel die storie van Frances McCullen (Chloë Grace Moretz), ’n jong vrou wat sukkel om in te pas in New York. Sy werk as ’n kelnerin by ’n spoggerige eetplek in Manhattan, mis haar oorlede ma en voel verwyder van haar pasgetroude pa. Haar enigste ware vriendin, is Erica Penn (Maika Monroe) – ’n lawaaierige 20-plusser uit ’n gegoede familie – met wie sy ’n woonstel deel.   

Nadat sy ’n verlore handsak ontdek op ’n moltrein in New York, probeer Frances dit terug besorg aan die eienaar. Hierdie goeie daad laat haar paaie kruis met die enigmatiese middeljarige weduwee, Greta, wat deur Isabelle Huppert gespeel word.

Volgens Jordan het hy onmiddellik belang gestel in die oorspronklike draaiboek, The Widow, wat deur Wright geskryf is. “Daar was iets aangrypend omtrent die verhaal,” sê die regisseur. “Dit vertel die storie van ’n jong meisie, wat haar ma verloor het en bevriend raak met ’n ouer vrou. Ek het saam met Ray aan die draaiboek begin timmer, elemente bygesit, en dit het al hoe meer interessant geraak met tyd.”  

Omdat sy treur oor haar ma se dood, raak Frances betrokke in ’n onkonvensionele vriendskap met Greta. Soos wat sy ook vir Greta vertel, is sy ’n lojale vriendin wat soos kougom sal bly “vas sit.”

Soos wat hulle meer gesellig raak, ontdek Frances wat haar perspektief oor haar nuwe vriendin radikaal verander. Wanneer sy dan probeer om bande met Greta te verbreek, raak dinge al hoe meer geheimsinnig en Frances se onskuldige opmerkings in die verlede, veroorsaak dat Greta in ’n volslae stalker verander.

“Die rolprent gaan oor verlies, hartseer en eensaamheid,” verduidelik James Flynn, een van die vervaardigers van die prent. “Dit gaan oor ’n jong moderne vrou, wat vorentoe kyk, en ’n ouer vrou wat vasgevang is in die verlede.”  

Seamus McGarvey, die fotoregisseur, voeg by: “Dit bevat al die elemente wat jou laat dink dat dit ’n oulike en inspirerende verhaal gaan wees. Jy besef geleidelik dat iets nie pluis is nie en besef dan dat dit op ’n ramp afstuur.”  

In GRETA, lewer Jordan ’n briljante en melodramatiese vertelling, en is dit duidelik dat Huppert en Moretz net so goed kon saamwerk.

Huppert speel haar rol as ’n bedrieër, wat obsessief raak oor Moretz se naïewe en goedgelowige Frances, puik. As die vroulike antagonis van ’n baie klein struktuur, maak dit die gebeure nog meer onverwags en skrikwekkend. Die kat-en-muisspeletjie wat volg, stel die Franse aktrise in staat om haar briljante talent ten volle ten toon te stel. Sy kry dit reg om al die neurose van haar onstabiele karakters in The Piano Teacher en Elle nog verder te vat.

Oor die verhouding tussen Greta en Frances, sê Moretz: “Dit is altyd interessant wanneer jy aan ’n riller of gruwelprent werk, omdat jy met baie emosies werk. Ek en Isabelle het gevoel dat dit belangrik was vir die fliek om aan die begin ’n hegte verhouding te skep, sodat kykers regtig geskok kon wees met hoe sake uitdraai en besef wie Greta regtig is.”  

Monroe is uitstekend as Erica, wat voorkom as ’n verwaande en selfgesentreerde kamermaat, en is baie betrokke by die ontwikkeling van die prent. Stephen Rea speel die rol van ’n privaatspeurder, wat gehuur word om vir Greta te ondersoek en Colm Feore is Frances se vervreemde pa, terwyl

Zawe Ashton die geheimsinnge vrou speel wat belangrike inligting het oor Greta se verlede.

In GRETA, doen Jordan waarmee hy goed is: hy verskuif genre-grense en skep ’n unieke en onverwagse grootskerm-ervaring. 

Oor sy besluit om die regisseur te wees, sê hy: “Ek stel meer belang in die stories wat ek nog nie gehoor het nie. Ek hou daarvan dat die ‘stalker’ ’n oulike middeljarige vrou is. Dit het regtig my verbeelding vasgevang en ek wou sien hoe dit sou uitspeel as ek die ‘stalker-idee’ met feëverhaalelemente verweef. Dit het gevoel soos ’n moderne en stadsweergawe van ‘Hansie en Grietjie’; maar spreek ook ernstige temas aan. Dit gaan oor eensaamheid, en die karakter wat alleen voel is bereid om gruwelike dinge te doen om mense in haar lewe te hou. Ek het gedink dit is baie hartseer en interessant, so ek het dit gedruk so ver as wat ek kon.”  

GRETA is ’n kontemporêre film, wat ooreenstem met flieks soos Fatal Attraction en Misery, met verskeie kinkels wat die gehoor dalk nie sal verwag nie. Dit is ’n slim verwerkte sielkundige riller, wat elegante komedie met angswekkende situasies kombineer en dus die rolprent moeilik maak om te weerstaan… want soos die verlate handsak op die trein, nooi dit jou om te kyk wat binne-in aangaan.

Lys van teaters:

SterKinekor Kaap Blue Route
SterKinekor Pretoria Brooklyn Commercial
SterKinekor Johannesburg Cresta
SterKinekor Durban Gateway Commercial
SterKinekor Johannesburg Greenstone Mall
SterKinekor Pretoria Irene Mall
SterKinekor Johannesburg Rosebank Nouveau
SterKinekor Kaap Somerset Mall
SterKinekor Kaap Tygervalley
SterKinekor Durban Water Crest
Nu Metro Kaap NM Canal Walk
Nu Metro Johannesburg NM Hyde Park
Nu Metro Pretoria NM Menlyn Park
Nu Metro Pretoria NM Park View
Nu Metro Durban NM Pavilion
Nu Metro Kaap NM V&A Waterfront
Onafhanklik Pietermaritzburg Midlands Cine Centre
Onafhanklik Johannesburg Movies@Monte
Onafhanklik Durban Suncoast Cine Centre

SOSIALEMEDIA

Vir meer inligting oor GRETA, insluitend die amptelike lokprent, hou ons Facebook-blad dop of volg ons op Twitter by @NutsAboutMovies en gebruik die hutsmerk #GretaFilm_SA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/gretathefilm/

Twitter: @gretafilm

Instagram: @gretafilm

PUBLISITEIT EN BEMARKING

Starburst Promosies

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *