CINDY-LOUISE SE DEBUUT-ALBUM ONDERSOEK DIE MENSLIKE NATUUR

Die sanger en liedjieskrywer, Cindy-Louise, wat tans in Nederland woon, is besig om plaaslike radiogolwe oor te neem! Haar eerste enkelsnit en video, MAKE IT OUT HERE ALIVE, vanaf haar debuut album, HUMANITY, is vroeg in Februarie 2021 vrygestel en almal het dadelik notisie geneem van haar ongelooflike talent.

MAKE IT OUT HERE ALIVE gaan oor daardie tye wanneer jy voel dat jy nêrens inpas nie. Dit word baie slim vertel deur die oë van ’n hoërskoolkind wat konstant geboelie word en wil wegkom van alles af.  

“Die liedjie gaan oor ’n tiener wat anders is en met kreatiewe oë na die wêreld kyk. As gevolg hiervan, word sy geïgnoreer in die klas. Sy probeer om dit uit te blok en van die seer ontslae te raak deur vir ’n rukkie te probeer ontsnap van haar realiteit,” verduidelik sy. “Die liedjie ondersoek die fyn balans tussen oorlewing en om oor die afgrond gedruk te word.” 

Alhoewel die tema universeel is, is MAKE IT OUT HERE ALIVE vir haar baie persoonlik. Haar eie skoolloopbaan het hierdie Indie-rocksnit geïnspireer. “Die lewe gaan daaroor om jouself te aanvaar, maar dis moeilik wanneer jou maats jou nie ondersteun en verstaan nie. Al genees emosionele wonde ook met tyd, bly daar altyd letsels agter. Hierdie enkelsnit is my boodskap aan die wêreld dat die lewe vol goeie en slegte herinneringe is – dit is wat ons maak wie ons is. Soms is die sterkste ding wat jy kan doen om jou swakhede met ander te deel.” 

Sy glo egter dat die boodskap oop is vir interpretasie en dat luisteraars van alle ouderdomme by die liedjie sal aanklank vind. “Die omstandighede hoef nie dieselfde te wees vir mense om betekenis in ’n liedjie te vind nie. Ons kan onsself dikwels raaksien in die lirieke – maar dit beteken nie dat ons dieselfde ervaring gehad het nie.”  

MAKE IT OUT HERE ALIVE word gekomplementeer deur ’n musiekvideo deur Zowik Abramov (wat ook die regisseur is) van Klein Media. Dit plaas klem op die verskil tussen om vasgekeer te voel en vryheid te vind. 

“Die skooltoneel is bedoel om klein en beknop te voel, in teenstelling met die buitelugtoneel wat vryheid verteenwoordig. Omdat die liedjie daaroor gaan om net jouself te wees en uiting te gee aan jou emosies, wou ek dit ook graag in die video laat deurkom,” vertel sy. “Ek hou nie daarvan om vir mense te sê wat om te dink nie en wou daarom nie ’n soliede storielyn hê nie, maar eerder iets magies en kunstig. Die video impliseer dat as jy jouself toelaat om vry te wees, jou gees kleurvol en kreatief kan wees. Kykers is egter welkom om hulle verbeelding te gebruik en hulle eie interpretasie van die video te hê.” 

Kyk die video hier: https://youtu.be/klQ6eOxVfZo

Die album, HUMANITY, word op 19 Maart 2021 offisieel vrygestel. Omdat die album op ’n sentrale tema fokus, is dit baie uniek – dit gaan oor die menslike natuur en die emosies wat mense ervaar: liefde, hartseer, geluk, rebelsheid, stres, teleurstelling, en verandering. Dit bied verder ook ’n interessante mengsel van genres, wat wissel van indie-rock tot pop, jazz, klassieke musiek en elektro-pop. Wat dit nog meer spesiaal maak, is die feit dat daar niemand is met dieselfde klank as Cindy-Louise nie. “My styl is net so uniek soos die struktuur van my musiek en my metodes daaragter,” sê sy. 

Die inspirasie agter die album was om al haar gevoelens op een speellys te sit en hierdie gevoelens deur haar liedjies oor te dra. “Ek gebruik my musiek om te sê hoe ek voel en met hierdie album wou ek vir luisteraars sê dat hulle nie alleen is nie. Die titelsnit is juis gebore uit my begeerte dat luisteraars menslikheid in my musiek moet vind en die ware betekenis daarvan moet ontdek.” 

Sy het al die snitte op die album self geskryf. “Ek het omtrent vyftien liedjies in totaal geskryf en besluit om tien te gebruik. Die skryfproses het ses maande geneem en die liedjies is in drie sessies opgeneem.”

Die kunstenaar, wat tans in Nederland woon, het nou saam met Clinton Nicholas Watts en Andre Remesses Scheepers gewerk aan die album. “Ek kon nie Suid-Afrika toe gaan vir die opnames nie, so dit is gedoen by Hal 5 Studio deur FRANK DE JONG.  Ek het dit toe vir Andre en Clint gestuur om mee te werk. Dit was nogal ’n unieke projek en, ten spyte van die struikelblokke op ons pad, was dit baie pret om van deel te wees. Die album is binne nege maande voltooi.” 

As jy haar vra watter liedjie haar gunsteling is, deel sy dat dit afhang van die bui waarin sy is. “Op die oomblik hou ek baie van ‘The Mask’, wat ’n jazz-gevoel het, en ‘Loving Me In Everyway’, wat ’n pragtige ballade is.” Sy glo dat luisteraars dieselfde sal voel. “Elke liedjie het iets spesiaal, maar waarna ek luister bepaal wat op daardie oomblik gewild is. Ons is almal net mense en ons emosies en smaak verander gereeld.”  

Sy meen dat dit nogal uitdagend was om die regte liedjies vir die album te kies, maar dat sy ’n formule gevolg het om dit makliker te maak. “Wanneer ek ’n liedjie skep, weet ek al klaar in my kop wat die eindresultaat moet wees – wat ek voel, watter instrumente ek hoor en watter tipe gevoel ek wil hê en hoor. Dit help my baie met die wysie en lirieke. Wanneer ek die finale snitte vir die album kies, fokus ek daarop om verskeidenheid in te sluit, wat klank en tema aanbetref. Ek kies natuurlik nie net my gunstelinge nie, maar vra ook my vervaardiger se raad om die perfekte keuse te maak.” 

Die projek was natuurlik nie sonder sy uitdagings nie. “Om tien liedjies gelyk op te neem was nogal moeilik. My kop was die heeltyd besig,” sê die sangeres. “Daar was so baie wat op een slag gebeur het. Dit was vir my belangrik om by my visie te hou en gelukkig het ek saam met ’n ongelooflike span gewerk wat my heelpad ondersteun het.” 

Volgens haar was die grootste uitdaging om dié projek geheim te hou. “Jy kan niks met diegene deel wat nie saam met jou aan die projek werk nie. Dit was so moeilik, omdat ek baie opgewonde was om my musiek met almal te deel. Ek is baie verlig dat dit nou in die ope is,” lag sy. 

Saam met HUMANITY, het Cindy-Louise ook besluit om die tweede enkelsnit vanaf die album vry te stel. LOVING ME IN EVERYWAY is ’n popballade wat daaroor gaan om aan die ontvangkant van onvoorwaardelike liefde te wees.  

“Nadat ek Nederland toe verhuis het, het ek baie alleen gevoel,” verduidelik sy. “My man en ouers was in Suid-Afrika. Ek het eendag in die sitkamer gesit en dink oor die liefde wat ek, regdeur my lewe, van hulle af ontvang het. Hulle liefde is 100% onvoorwaardelik en ek weet dat ek altyd op hulle kan staatmaak. Die liedjie is my manier om dankie te sê dat hulle my altyd ondersteun het, hulle drome opgegee het om my eerste te stel, my altyd laat lag, my getroos het in hartseer tye en vir my lief was deur dit alles. Dit is die mees persoonlike liedjie wat ek nog ooit geskryf het.” 

Sy glo dat die liedjie op een van twee maniere by luisteraars sal aanklank vind – “as iemand wat dankbaar is omdat hulle hierdie tipe liefde ervaar het of as iemand wat daarna smag. Liefde is die sterkste emosie wat daar is.”  

LOVING ME IN EVERYWAY word ook gekomplementeer deur ’n pragtige musiekvideo. Monika Vaskorova was die regisseur en dit is in Amsterdam verfilm. “Monika het die mooiste plek gekies om die video te skiet en al was daar baie oop spasie, het ons dit intiem en eenvoudig gehou. Die beligting in die video is baie besonders.” 

Kyk die video hier:   https://www.youtube.com/watch?v=WFVMhAmGPic

Cindy-Louise het Nederland toe verhuis nadat sy klaar studeer het – sy het in 2018 haar BA-graad in musiek voltooi – met die hoop om haar Opera-studies voort te sit. Hier het sy begin om haar eie musiek te skryf, wat haar toegelaat het om haar eie styl te ontwikkel en met verskillende genres, emosies en stemtegnieke te eksperimenteer.  In 2019 het sy amptelik haar solo-loopbaan van stapel gestuur.

Sy verklap dat sy inspirasie put uit wat rondom haar gebeur en dat sy daarvan hou om sosiale en/ of emosionele kwessies aan te spreek deur haar musiek en bewusmaking daaroor te skep.  

Alhoewel haar planne vir toekoms nog nie gefinaliseer is nie, gaan sy aanhou om met nuwe musiek te eksperimenteer en is sy nuuskierig oor wat haar stem nog alles kan doen. Een ding is egter seker – hierdie veelsydige sangeres en liedjieskrywer se unieke klank gaan nog die plaaslike musiekmark oorneem! 

Haar album HUMANITY, is reeds aanlyn beskikbaar gestel, maar word nou op 19 Maart 2021 aan media wêreldwyd bekendgestel.  

Where did your love for music start? 

My earliest memory of enjoying music is my mother and I singing in the car. I would have to say my love for music started there. Just the absolute joy it brought me and how it transported my mind and body. 

Who was your inspiration behind your album? 

I was inspired by many well-known artists and bands like, Adele, Anna-Marie, Imagine Dragons and Queen (naming some), but the true inspiration would have to be my family. Their support and belief in me have been what has inspired me and what keeps me going everyday. 

Eversince your album released, people are increasingly taking notice of you. How does it feel to be recognized for your incredible talent? 

It feels amazing. I am truly blessed to have such amazing fans and I love you all very much. 

What are your two singles about? “Make it out here alive” and “Loving me in everyway”? 

I wrote “Make it out here alive” while I was reminiscing about my high-school years. Some memories still really bother me to this day, and I felt it only fitting to write a song. I never belonged and I was most definitely not popular, always picked on because I lived in my own little world and never thought or looked the part of the average high-school girl. Luckily, I had a great support system at home, but some are not as fortunate as I was, and this type of torment can push someone over the edge. 

I just remember thinking, “don’t worry, this is not forever. I will make it”. 

“Loving me in everyway” is a love song. A thank you to my parents and husband for always supporting me. They are always there for me, through my highs and lows and put me first. I appreciate and love them so much. 

Why did you decide to move to the Netherlands and start a music career? 

I initially moved to the Netherlands to further my music studies in Opera and start a career, but I found my true passion instead. Writing and performing music I have created has just been such an amazing journey for me. 

I also chose The Netherlands because it is easier to travel all over Europe within a few short hours and the music scene is fantastic here. 

How is life in the Nederland as apposed to South Africa? 

It is shockingly different, but in a good way. I do miss my home country, family and friends, but I am loving the cultural explosion over here and the creative atmosphere. 

What is next for Cindy-Louise in 2021? 

Cindy-Louise has a lot planned for 2021, which she cannot yet disclose, but if you want to stay connected and see some behind the scenes glimpses follow one of her latest project “what I do in a day SINGER EDITION” on TikTok under her profile @cindylouiseofficial 

Do you have any advice and motivation for young South Africans who would like to follow in your footsteps? 

Keep going and believe in yourself. 

Haar album HUMANITY, is reeds aanlyn beskikbaar gestel, maar word nou op 19 Maart 2021 aan media wêreldwyd bekendgestel.

Laai die album hier af:

https://open.spotify.com/album/03C9lczv6wjsZLHUN79x14?si=WPIHZ09QTCWVB9TxvXBgYA

https://music.apple.com/za/album/humanity/1536305497

https://music.youtube.com/playlist?list=OLAK5uy_l-uAh8tN4HgsilabU2FqyQvnUE6rYFTA8

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/cindylouiseofficial/ 

Instagram: https://www.instagram.com/cindylouiseofficial/ 

Twitter: https://twitter.com/cindylouiseoffl 

Website: http://cindy-louise.com/ 

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCZyMq57lYEd0omCjyyvp7JQ

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *