ANDRÉ SCHWARTZ – HAAL WEER ASEM NA NOUE COVID – 19 ONTKOMING

André Schwartz is geen nuweling in die Suid-Afrikaanse musiek milieu nie. Hy’t al bewondering ingeboesemop vele platforms, plaaslik sowel as internasionaal. Hy slaan asems weg met sy besonderse stem en is die enigste Suid-Afrikaanse manlike kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring dra.

Te midde van talle gesondheidstruikelblokke, insluitende ‘n uitdagendestryd met Covid-19,verwoord hy in sy nuwe enkelsnit, Ek Haal Asem,sy waardering virhierdielewegewende asemop die mooiste manier waarop hy kan –deur sang.

Aspekte van onthou, die mens se sterflikheid en vrees vir verlies word in hierdie liriese lofsang in Schwartz se kenmerkende tenoorstem uitgebeeld. Dit is ‘n lied wat die grense van menslike emosie oorskry en jou laat, soos hy sing, met ‘n glimlag omdat jy asem haal en omdat dit slegs genade is dat jy doen.

Ek Haal Asemneem ‘n persoonlike inslag. In ‘n pandemie tydwaar asem en derhalwe lewe nie as vanselfsprekend aanvaar kan word nie, is daar vir Andrénie ‘n meer gepaste tyd om die Bron van alle asem te besing nie.

Loki Rothmanhet die produksie en verwerking van hierdie lied behartig asook insette gelewer in die skryfproses.

Ek Haal Asem, wat die 9de Julie op digitale platforms vrygestel word, is in meeste opsigte ‘n ode van waardering aan die Skepper van lewe asook ‘n oproep om die onverskrokke uitleef daarvan.

André is tans besig met sy nagraadse kwalifikasie in toegepaste sielkunde met die oog op ‘n leefstylafrigter.

BESTUUR & BESPREKINGS

Corné Oosthuizen

 info@coproductions.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *